Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Moet jy dikwels in Engels skryf? Sukkel jy om is en are reg aan te wend? Pootjie Engels se kompleksiteit en tenses jou gereeld?

Dan is Gooi die Rooitaal die antwoord.

Ja, ja, ons weet SA Vryskutskrywer is 'n 100% Afrikaanse webblad, maar omdat Engels wêreldwyd die taal is waarin almal - van Australië tot Ysland - sake  doen, het ons besluit om 'n klein gedeelte van ons blad aan die Queen's English af te staan om jou Ingelse skryfwerk tot perfeksie te slyp.

Hier sal jy antwoorde kry op algemene kwelvrae wat veroorsaak dat jóú Engelse verslag minder vlot as Mister Jones s'n lees. Ons maak dit ook vir jou makliker om te onthou dat their en there en lose en loose se betekenisse oseane ver van mekaar lê.

Indien jy enige spesifieke vrae of voorstelle het, kan jy 'n e-pos stuur en ons probeer jou so gou moontlik help.

Intussen kan jy solank op die inhoudsblad rondkrap om te sien of ons dalk iewers jou geroeste Engelse taalspyker op sy kop geslaan het.

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: