Welkom by SA Vryskutskrywer - Professionele Dienste

Manuskripbeoordeling

Gedigte

Kortverhale

Artikels

Boeke

Nuusberigte

Akademiese manuskripte

Het jy 'n gedig, kortverhaal, artikel of boek klaar geskryf en wil kommentaar daaroor hê of miskien 'n idee aan wie om dit te stuur vir publikasie? Of dalk wil jy net hê iemand met 'n onbetrokke kennersoog moet dit beoordeel voordat jy jou naam met 'n plank slaan deur dit aan 'n uitgewer of tydskrif te stuur as dit nog nie persklaar is nie.

Ons kan help.

Stuur jou gedig/kortverhaal/artikel/boekmanuskrip/nuusberig aan ons en teen 'n geringe fooi sal een van ons kenners in die spesifieke genre dit fynkam en 'n bondige verslag verskaf. Dié verslag sal onder meer kommentaar bevat oor die styl, standaard van manuskrip se versorging, voorleggingsfoute, tema en wenke oor hoe om die manuskrip persklaar te kry. Ons verskaf ook die name en kontakbesonderhede van 'n moontlike uitgewer of publikasie wat dalk in jou finale produk sal belangstel.

Tariewe :

Nuusberig - R75-leesfooi elk

  Gedig - R125-leesfooi elk

  Artikel - (tot 1,200 woorde) - R250-leesfooi elk

  Artikel (meer as 1,200 woorde) - R350-leesfooi elk

  Kortverhaal (tot 1,500 woorde)- R325-leesfooi elk

  Kortverhaal (meer as 1,500 woorde)- R450-leesfooi elk

        Boekmanuskrip - R895-leesfooi elk

  Akademiese geskrifte (tot 15 blaaie) - R395-leesfooi elk 

  Akademiese geskrifte (meer as 15 blaaie) - R595-leesfooi elk 

'n Administrasiefooi van 10% word op alle finale bedrae gehef.

Indien jy self 'n proefleser of redigeerder wil word, kan jy dit gerus oorweeg om vir een van ons redigeringkursusse in te skryf. Volledige besonderhede kan hier gevind word.

Vertel 'n vriend hiervan:


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: