Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel

Vertaaldiens

Afrikaans

Engels

Duits

Frans

Nederlands

Omdat Afrikaans ons passie is, sou ons natuurlik daarvan gehou het om sommer alles in Afrikaans te sien. Dis ongelukkig nie haalbaar in 'n "globale dorpie"-wêreld soos dié waarin ons leef nie. Ons verweer teen hierdie neiging om bykans alles in Engels te wil doen - terwyl Afrikaanse Suid-Afrikaners steeds jaarliks die meeste koopgeld bestee - is om 'n uitstekende vertaaldiens aan te bied. Met ons diens kan jy perfekte vertalings, taalversorging, wenke en vinnige spertye verwag.

Ons vertaal feitlik enigiets:

  • klasnotas

  • briewe

  • memo’s

  • nuusbriewe

  • CV’s

  • toesprake

  • nuusberigte

  • tydskrifartikels

  • uitnodigings

  • verslae

  • vraelyste

  • vraestelle

  • advertensies

  • brosjures

  • akademiese artikels

  • reklamemateriaal

  • draaiboeke

  • regsdokumente

  • persvrystellings

Enigiets wat jy benodig.

Tariewe

Ons onderhandelbare vertaaltariewe wissel vanaf:

55c per woord vir algemene vertalings

65c per woord vir enigiets wat tegnies is

R1.50 per woord vir reklame en advertensies

70c per woord vir vertalings in ander tale

70c per bladsy vir boekmanuskripte in ander tale

'n Administrasiefooi van 10% word op alle finale bedrae gehef.

Fooie is vooruit betaalbaar sodat 'n vertaler bespreek kan word.

Geen twee werke is dieselfde nie en daarom is ALLE fooie onderhandelbaar.

Ons bied verskillende betaalplanne en afbetalingsopsies aan.

  • Kontak ons met enige navrae.

  • Klik hier om by ons vertaalnetwerk aan te sluit.

Vertel 'n vriend hiervan:

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: