Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel

Webblaaie vir skrywers

Géén skrywer kan deesdae sonder 'n persoonlike webblad klaarkom nie. As jy nie aanlyn is waar die hele wêreld jou kan vind nie, wel ... dan is dit hoog tyd dat jy die 21 ste eeu met 'n knal binnedring.

Vir 'n eenmalige bedrag van R395 kan ons jou blitsig aanlyn en binne-in Google kry. Watter beter uitstalvenster vir jou talente kan daar wees?

Hier's wat jy kry:

  • 'n Basiese webwerf , bestaande uit drie (3) blaaie [tuisblad, kontakblad en 'n bykomende blad wat as jou "uitstalvenster" kan dien en wat skakels na ander blaaie kan bevat].

  • Gratis huisvesting onder die SA Vryskutskrywer-vaandel van jou webblad vir 'n jaar.

  • Gratis bywerking van jou webblad indien jy dit skriftelik versoek of in ander gevalle - hoogstens twee keer per jaar.

  • 'n Keuse tussen 'n paar verskillende webbladstyle .

  • Die finale besluit oor watter inligting op jou webblad sigbaar moet wees.

  • 'n Professionele aanlynteenwoordigheid met 'n eie webadres wat jy in jou persoonlike en professionele korrespondensie kan gebruik.

En hier's wat jy moet doen om bogenoemde te kry:

  • Vul onderstaande webbladbestelvorm in.

  • Verskaf jou foto's (verklein), kontakbesonderhede en ander inligting wat jy op die webblad wil sien. (Onthou 'n webblad het nie hoë resolusie-foto's nodig nie.)

  • Betaal jou eenmalige webbladfooi van R395 .

  • Kies jou webbladstyl.

  • Toets jou webbladskakel.

  • Vertel al jou vriende, familie en kollegas van SA Vryskutskrywer en verwys almal na jou persoonlike tuisblad.

Kontak ons vir 'n kwotasie of navraag

Vertel 'n vriend hiervan:

Volg ons op Pinterest

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Terug

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: