Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Skryfkursusse vir die Internet

Meer as 6 miljoen Suid-Afrikaners het toegang tot die internet. Min mense besef egter dat 'n geldelike inkomste binne hulle bereik is met die einste internet. Hier's die plek waar jy in Afrikaans kan leer hoe en waar om vir die Web te skryf om geld te kan verdien. Ons ken ons storie. Ons het geleer toe die internet nog in sy babaskoene was en het nou - na jare se skryf - die kuns vervolmaak om vir die Web te skryf. En ons staan gereed om hierdie kennis met jou te deel sodat Google en al die ander soekenjins jou artikels binne millisekondes kan opspoor.

Skryf

vir die Web

Om artikels vir die internet te skryf verg vernuf. Wit spasie, woordperke, soekenjingeoptimiseerde woorde .. elkeen het sy eie, spesifieke nisplekkie in 'n webartikel. Die w êreld van die internet is vinnig, opwindend en kreatief. Dit gaan alles daaroor om lesers te lok ... en om te sorg dat dié lesers kry wat hulle wou gehad het. Volledige besonderhede

1-2-3-BLOG jouself!

Blogs bied kommentaar of nuus in werklike tyd oor 'n spesifieke onderwerp, soos diere, politiek, plaaslike nuus of sommer net jou eie gedagtes. Geen wonder dus dat baie blogs soos 'n persoonlike aanlyn-dagboek funksioneer. Die meerderheid dien egter as 'n virtuele voorportaal vir 'n sakebedryf. Dikwels vind 'n doodgewone blog wat deur 'n doodgewone mens bedryf word, sy pad na 'n uitgewer toe - met skouspelagtige gevolge wanneer dié boek die winkelrakke tref. Volledige besonderhede

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: