Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...

 Blitskursusse

Eugene Pienaar ( Skryf dinamiese dialoog - 2022) se kortverhaal, Spookradio 302 FM , is gekeur vir die LitNet-slypskool  Om te skryf.

Eugene Pienaar ( Praktiese Redigering - 2021) doen proefleeswerk op 'n vryskutbasis.

Jo van Staden: My persverklarings het nog nooit regtig die resultate gelewer waarvoor ek gehoop het nie, maar ek het nie geweet wat ek anders moes doen nie. Nadat ek die blitskursus voltooi het, het ek presies geweet waarom niemand in my gebla-bla belanggestel het nie. Sedertdien het ek drie nuwe persverklarings namens my maatskappy uitgestuur en die reaksie was fenomenaal! Waar was SA Vryskutskrywer al die vorige jare? Blitskursus: Wenformule vir 'n Persverklaring

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: