Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...

     Riglyne vir Christelike joernalistiek

Helaine Langenhoven se proefartikel is deur JUIG! aanvaar en verskyn in die November 2017-uitgawe.

Liezel Slabbert: Jy het my skoon in trane van blydskap. My seun (14) het my so baie ondersteun terwyl ek die kursus gedoen het en ek is so bly om hierdie kwalifikasie uiteindelik met hom te kan deel. Mag God jou seën vir jou inspirasie!

Retief Loubser: Wie onthou 'Fanie en Melanie' vir skooltake? Deesdae is dit ' Huisgenoot in die Klaskamer ', en vandeesweek maak ek my vryskutskrywersdebuut as lid van die laerskoolspan. Sien bl. 94 - 97... Ongelukkig verskyn my naam nie daarby nie, maar dis 'n beskeie begin! My skryfwerk sal DV vanaf Februarie 2013 meer gereeld in hierdie rubriek verskyn.

Liezel Lunenburg publiseer artikels in verskeie publikasies, skryf vryskut vir Maroela Media , kry 'n pos as vryskutjoernalis by Kerkbode en is ook by eKerk aangestel as rubriekskrywer.

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: