Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...

                  ABC van Kortverhale

Madeleine Venter: ( 2014 ) ontvang die derde prys vir haar radiodrama, Taaispul , in RSG se radiodrama-skryfkompetisie 2023. Venter was in 2022 ook ‘n finalis  met haar teks, Tyd vir ‘n wonderwerk .

Marelize King se twee kortverhale, Ontnugtering in Kaïro en Kersboompie sonder tinsel , wat sy vir die INK Skryf in Afrikaans-kompetisie ingeskryf het, word gekeur vir publikasie in die bloemlesing, INKSPRAAK4 . Daar was 146 inskrywings.

Madeleine Venter: ( 2014 ) se twee kortverhale, Tweede Kanse (2021) en Sommerso (2022) word in Huisgenoot gepubliseer.

Hendie Grobbelaar , wat in 2016 SA Vryskutskrywer se ABC van Kortverhale-kursus voltooi, kan reeds 'n rits wenverhale en kortverhaalbundels agter haar naam  skryf. Haar jongste sukses is haar kortverhaal, Die Rooi Tekkies , wat PEN Afrikaans se 2022-kortverhaalkompetisie gewen het.

Madeleine Venter , wat in 2014 SA Vryskutskrywer se ABC van Kortverhale-kursus voltooi, se publikasiesuksesse duur voort. Haar jongste suksesse is die kortverhaal, Die Mal Plan , wat in INK se bundel, INKSPRAAK3 , gepubliseer is, en Toeskouers in Kreatio se kortverhaalbundel, Komieklike Kortverhale .

Lizelle von Wielligh 2014-alumni  is tans een van LAPA se suksesvolle Romanza-skrywers .

Marilize King: Baie dankie vir jou terugvoering. Dit is baie waardevol, want anders weet 'n mens nie of jy vorder en of jy dalk die kat aan die stert beet het nie. [Marilize se kortverhale word in verskeie publikasies onder 'n skuilnaam gepubliseer: Koue Pampoen (Huisgenoot) ; Roxanne vannie Cape Flats ( Vrye Weekblad ); Die huis met die rooi lig (Huisgenoot) .]

Hendie Grobbelaar ( 2016 ) se kortverhaal, Die Ruimteskip , is die wen-verhaal in die 2019 Woordfeeskortverhaal-kompetisie en bring haar 'n stewige R30,000 in die sak.

Madeleine Venter: ( 2014 ) Baie dankie vir die voorstel om my proefkortverhaal, Tjomma , aan Vrouekeur te stuur. Dit is gepubliseer! Vreeslik dankie vir jou motivering! Ek sal beslis nie nou ophou skryf nie :)

Hendie Grobbelaar ( 2016 -alumni) is een van 25 skrywers wie se kortverhaal in die Woordfees 2017-bundel opgeneem is en een van haar verhale is ook deur Kuier gepubliseer. Sy het in 2016 haar eerste kortverhaalbundel, Potskerwe , gepubliseer en dit in 2017 opgevolg met 'n tweede, Striksvye (2017).

Thys du Preez: Ek bluf myself nie: 'n mens sien nie jou eie foute raak nie. Die beste skrywers maak op redakteurs staat. Ek is nie spyt dat ek hierdie kursus geloop het nie - ek het baie (maak dit dêm baie) geleer. 

1. Karakters moet behoorlik ontwerp word, al is dit net 'n 800-woord verhaaltjie.

2. Verhale bestaan uit karakters, NIE gebeure nie. (Jy noem die middeleeuse skrywer wat dit gesê het.)

en nog vele meer – ek sal al die lesings weer moet deurwerk as ek 'n behoorlike lys wil saamstel. Dis dalk nie 'n slegte idee nie. En ek het dit baie geniet. Soveel dat ek spyt is dis klaar.

Arno Reuvers: Jy sal nooit besef wat dit vir my beteken nie! Ek het dit baie nodig gehad om jou kursus te volg, en jou eerlike terugvoer was noodsaaklik om weer op dreef te kom.

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: