Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...

Skryf 'n Nie-fiksieboek

Malvory Adams wat in 2020 SA Vryskutskrywer se Skryf 'n Nie-fiksieboek kursus voltooi het, se proefboek, Als is nie net swart en wit , wat verlede jaar gepubliseer is, is op die kykNET-Rapport-boekpryse 2022-kortlys vir nie-fiksieboeke.

Elize Beylew: Ek wil julle bedank vir die heerlike kursus; ek het dit terdeë geniet. Dit was baie insiggewend, interessant en inspirerend om die leerstof deur te werk. Die vinnige terugvoering is baie waardeer, dit het my altyd goeie aanduiding gegee of ek op die regte spoor is.

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: