Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Om ‘n gedig te skryf beteken dat jy die wêreld in en om jou intens ervaar. ‘n Gedig kan oor enigiets wees – van liefde tot die geroeste hek op jou oupa se plaas. Poësie se hoofdoelwit is om aan jou, die digter, ‘n verhoog te verskaf om jou diepste gevoelens en gewaarwordinge met die wêreld te deel.

Miljoene mense wêreldwyd het al probeer om poësie te skryf. Dikwels skryf mense verse wanneer hulle emosioneel is, insig benodig of iets aan iemand spesiaal wil oordra. Maar die meeste mense skryf poësie omdat hulle lief is daarvoor en van altyd af 'n hunkering het om 'n digter te wees.

As jy een van daardie mense is, is hierdie kursus vir jou. Ons gaan jou wys hoe om jou idees en gevoelens op die regte manier te verwoord sodat jy uiteindelik daardie ontwykende gedigte kan skryf. Ons wys jou waarom 'n gedig geslaagd is of nie en watter tegnieke jy moet inspan om suksesvolle poësie te skryf.

Belangrikste van alles ... ons gaan jou wys hoe om die maksimum genot uit die skryf van jou eie gedigte te put.

Duur: 5 maande 

Modules: 10 modules

Kursusfooi: R2,500

Afbetalingsopsies

R1,250 X 2

R835 X 3

R625 X 4

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: