Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Het jy aanleg vir taal en hou jy daarvan om te lees? Geniet jy die vryheid, diversiteit en uitdagings wat 'n vryskutloopbaan bied? Dan is 'n loopbaan in proeflees en/of redigering net die keuse vir jou. Daar is altyd 'n groot aanvraag na mense wat vryskut-proeflees- en/of redigeringsdienste aanbied.

As 'n vryskut-teksredigeerder sal jy jou dienste - teen betaling, natuurlik - vanuit die gerief van jou tuiskantoor kan aanbied. Dit beteken dat jy, as jou eie baas, oor die tipe werk wat jy aanneem, kan besluit. En die keuse is WYD! Goeie redigeerders word daagliks gesoek om e-boeke, artikels, internet-artikels, webblaaie, nuusbriewe, korporatiewe dokumente, hofdokumente, manuskripte, doktorale tesisse of bykans enige dokument wat taalkundig versorg moet word, onder hande te neem en reg te skaaf sodat dit algeheel persklaar is.

Klink dit soos die vryskutloopbaan vir jou? Dan moet jy sonder versuim vir ons kursus inskryf waar ons jou soveel moontlik kennis omtrent teksredigering laat opdoen - met oorgenoeg praktiese ondervinding om jou te wys, eerder as om net te vertel.

Duur: 5 maande 

Modules: 7 modules

Kursusfooi: R3,800

Afbetalingsopsies

R1,900 x 2

R1,266 x 3

R950 x 4

    • Verskil tussen proeflees en redigering

    • Konsekwente punktuasie

    • Maak seker van die Afrikaans wat jy gebruik

    • Styl - syfers, afkortings, werkwoorde, voornaamwoorde, ens.

    • Grammatikale wenke

    • Werk elektronies - woordverwerker, internet, woordeboeke, sagteware

    • Onfeilbare bronne

    • Maniere om spelling te verbeter

    • Pas jou kennis op verskillende genres toe

    • Waar en hoe om werk te kry

    • Teoretiese teksredigering

    • Werk vryskut 

    Volledige studiepakket

      Omvattende studienotas (350 bladsye)

      • 16 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

      • Aanlyneksamen om vaardighede in ‘n gekontroleerde opset te toets

      • Hulpdokumente

      • Gereedheidstoets + Kontrolelys

      • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

      • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

      E-boek: Jou vryskutbesigheid

      E-boek: SAV Taalhandboek

      Spesiale verslag: Hoe om jouself te bemark

      Spesiale verslag: Vryskutfinansies V & A

      • Produktiwiteitshulpmiddel: SAV Dagbeplanner

      • Produktiwiteitshulpmiddel: SAV Tydbeplanner

      • Kulblaaie (cheat sheets): Taalkwessies

      • Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke       

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: