Welkom by SA Vryskutskrywer - Professionele Dienste

Gedigte

Kortverhale

Artikels

Rubrieke

Essays

Novelles

Boeke

Nuusberigte

Akademiese manuskripte


Of jy nou jou eerste boek skryf of onseker is van ‘n bloginskrywing, ‘n novelle, artikel of enige ander skryfstuk, kan 'n mentor jou help om jou skryfproduk suksesvol aan te pak én af te handel. Hoewel nie elke skrywer 'n mentor nodig het of wil hê nie, kan enige skrywer daarby baat om saam met 'n mentor te werk; dit geld veral vryskutskrywers wat dikwels alleen werk en dalk iemand benodig vir aanmoediging, raad, ondersteuning, doelwitbepaling en, belangrikste van alles – motivering.

As jy nie oortuig is dat jy 'n skryfmentor nodig het nie, kyk bietjie na die voordele daaraan verbonde om saam met een te werk:

· Inspirasie: Die kreatiewe energie om te skryf kan nie in 'n lugleegte floreer nie, en skryf is dikwels 'n eensame beroep, soos die topverkoperskryfster, Chanette Paul, al menige keer gesê het. Insette van ‘n buitestander kan die suurstof wees wat jou skryfwerk benodig om nuwe idees te aat opvlam.

· Eerlike terugvoer: Elke skrywer, hoe ervare ook al, het 'n leser nodig om uit te wys as iets nie werk nie; iemand wat hulle kan vertrou om enige gate in die storielyne of swak karakters of dialoog uit te wys en dalk aan te dui waar ‘n idee dalk vernuwe moet word.

· Professionele ontwikkeling: Skryf is net soveel 'n onderneming as 'n kreatiewe poging, daarom is dit belangrik om op hoogte te bly van nuwe ontwikkelinge in die bedryf. Skryfmentors is gewoonlik op hoogte van alles die bedryf en kan hierdie nuttige inligting deel of die regte rigting aandui sodat jy jou eie navorsing kan doen en uiteindelik op die regte uitgewer besluit.

· Aanspreeklikheid: Dis maklik om jouself wys te maak dat jy nie kán skryf nie; veral wanneer jy aan skrywersblok begin ly. ‘n Skryfmentor kan jou help om by hierdie hindernis verby te kom en duidelike doelwitte te stel wat jou weer op dreef sal kan kry.

· Emosionele ondersteuning: Nie alleen is skryf ‘n baie moeilike en eensame werk nie, maar min mense staar soveel verwerping in die gesig soos ‘n skrywer. Veral beginner-skrywers. As niemand jou skryfwerk wil hê nie en ook nie huiwer om dit in soveel woorde aan jou oor te dra nie, is dit van kardinale belang dat jy ‘n “vangnet” in die vorm van ‘n mentor het om jou val te versag en jou aan die skryf te hou sodat jy nie jou droom versaak nie.

Projek

Fooi

Enkelbladsye (1-5)

R75/bladsy

Gedigte (enkel)

R100 elk

Gedigte (maksimum 5)

R30 elk

Poësiebundels (volledige bundel)

R15/gedig

Tydskrif- en blogartikels (maksimum 1,200 woorde)

R400 elk

Tydskrifartikels (meer as 1,200 woorde)

R600 elk

Rubrieke (enkel)

R400 elk

Rubriekbundels

R70/rubriek

Kortverhaalmanuskripte (enkel - maksimum 1,500 woorde)

R400 elk

Kortverhaalmanuskripte (enkel - meer as 1,500 woorde)

R600 elk

Kortverhaalbundels  (volledige bundel)

R150/kortverhaal

Essaymanuskripte (enkel - maksimum 1,500 woorde)

R400 elk

Essaymanuskripte (enkel - meer as 1,500 woorde)

R500 elk

Essaybundels  (volledige bundel)

R50/essay

Kinderboekmanuskripte

R45/bladsy

Volledige boekmanuskripte (meer as 55,000 woorde)

R15/bladsy

Volledige boekmanuskripte (maksimum 55,000 woorde)

R10/bladsy

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: