Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.


NUUSBRIEFARGIEWE

  • Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
  • Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?

  • Wat ookal die rede waarom jy op dié blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige nuusbrief en sy inhoud.   

Lekker lees!

https://campaign-image.com/zohocampaigns/133052000002479558_zc_v25_last.png

April 2022 NUUSBRIEF


INHOUD

Van my rekenaar:

Ons praat besigheid

MEDEWERKERS:

» Nuuspod

»  Cordis Trust

»  SA Skrywers

SKRYFWENKE:

»  Hoeveel geld kan 'n skrywer 

   verdien?

»  5 wenke vir beginners

»  SAFREA 2020/21

   Vryskutbedryfverslag

ALLERLEI :

»  M entorskap

»  S krywer in die KOLLIG

* J une Botha

* W ilnetta van Reenen

» Bedryfsnuus

VRYSKUTNETWERK:

»   Ontmoet ons lede

»   Wil jy aansluit?

OP ONS WEBBLAD:

»  Skryfkursusse

» Getuigskrifte

» Databasisse

»  Professionele dienste

»  Kuberwinkel

»  Kompetisies

»  Hulpbronne

» Skrywer in die kollig

»  Vir  skrywers

»  Werksgeleenthede

Die doelwit van hierdie virtuele skryfklub is om vir  jou  'n platform te verskaf waar jy jou stories, gedigte of enige ander skryfsels kan plaas sodat ander mense dit kan lees en selfs terugvoering kan gee. So sluit onverwyld aan!

SLUIT AAN

Nuuspod  publiseer video-onderhoude en artikels op   Youtube.com   om nuus en aktualiteit hoofsaaklik in Afrikaans beskikbaar te stel deur veral te fokus op die storie agter die nuus, alhoewel van die materiaal soms in Engels verskaf sal word. Hoewel politiek en misdaad die brandendste kwessies in Suid-Afrika is, gee Nuuspod ewe veel aandag aan ander sake soos die wetenskap, gesondheid, finansies, goeie nuus ensovoorts.

TUISBLAD

Cordis Trust is in 2000 opgerig en befonds deur dr Fanie Marais as 'n gedenktrust vir Mardene Marais (28/08/1968 - 18/10/1989). Die doelwitte van Cordis Trust ( Uit die hart ) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop).

TUISBLAD

SA Skrywers is geskep vir skrywers wat graag skryf en aan uitdagings wil deelneem en sodoende die kans te staan hul stories in 'n bundel opgeneem te word. 

SLUIT AAN

2022 SKRYWERSALMANAK

Het jy al ons unieke 2022 Skrywersalmanak afgelaai?

Van my rekenaar...

DIE oggend van 1 Januarie 2020 het ek oudergewoonte my trop brakkies laat uitgaan en sommer toevallig in die lug opgekyk – eintlik ook oudergewoonte, want wolke is altyd vir my vreeslik mooi. En daar sien ek ‘n kleinerige wolkformasie wat darem al te veel na ‘n uitroepteken lyk. Natuurlik het ek nie ‘n kamera by my gehad nie en hol vinnig die huis in om een te gaan haal om dié “uitroepteken” af te neem, want wie gaan my nou glo as ek dit wil vertel? Ek was gelukkig om die stertkant van die verskynsel op kamera vas te lê en het dit met smaak aan almal wat wou kyk – of nie – gewys. Die reaksie was dieselfde: dit moet ‘n “teken” wees van ‘n uitsonderlik goeie of belangrike jaar. Of so iets.

   Dit blyk toe OF SO IETS te wees. Ek begin nou self dink dat dit ‘n teken was van hoe 2020 verloop het – maar dit blyk nou dat dit nie by 2020 gebly het nie, want met alles wat aangaan begin ek nou vermoed dit behels sommer die hele dekade! Dink bietjie: Eers het Die Virus ons vroeg in 2020 getref en die verpligte maskergebruik het oorgespoel na 2021 en nou is daar wraggies ‘n oorlog in Europa wat die potensiaal het om die hele wêreld te betrek.

    Sjoe. Ons leef beslis nie in vervelige tye nie, maar eerder onlekker. Ek begin verlang na vervelig. Dit was net soveel minder moeite!

   Nietemin, ons is nou hier en moet seker hierdeur, op welke manier denkbaar. So… ek het dit goed gedink om bietjie op die finansiële aspek van skryfwerk te fokus. Die kwynende ekonomie het ‘n impak op ons almal se finansies gehad, en tog is skryf van al die beroepe wat daar is, steeds die noodsaaklikste. Sonder ‘n skrywer in enige formaat kan niemand ‘n boodskap daarbuite kry nie. Ons is dus ‘n onmisbare spesie, maar ai, só onderbetaal. Veral nou.

     Kom ons kry ons eendjies in ‘n ry en maak geld met ons skryfwerk. Dis baie moontlik. In die woorde van Spock in die destydse Star Trek TV-reeks: “Go forth and prosper.”

/campaigns/org752279864/sitesapi/files/images/752281576/Leoni_naam_klein.jpg

Hoeveel geld kan 'n skrywer verdien?

HIERDIE is ‘n vraag wat ons gereeld kry en die antwoord hierop is omtrent so wyd soos die Heer se genade wat beteken daar is nie ‘n klinkklare antwoord nie.

   Ons kyk eerstens na die outeur van ‘n boek se moontlike inkomste aangesien die meerderheid navrae wat ons ontvang in verband hiermee is. En daarna bespreek ons die verdienstemoontlikhede van artikels.

KLIK HIER OM DIE RES VAN DIE ARTIKEL TE LEES.

Vryskutwerk: 5 Wenke vir beginners

Sedert Maart 2020 het die wêreld soos ons dit geken het, algeheel verander. Duisende besighede moes hul deure sluit en miljoene mense het hul werk verloor. En ‘n hele klomp tydskrifte en koerante het ook slagoffers van die Covid-19-pandemie geword.

   Dit het baie mediawerkers gedwing om die vryskutmark te betree, maar min kan die oorskakeling van voltydse werk na vryskut suksesvol oorbrug. Hulle vind dit moeilik om opdragte te kry en om hulself te bemark. Maar eintlik is die pad na suksesvolle vryskutwerk maklik as jy weet hoe. Ons het ‘n lysie saamgestel om beginners te help om ‘n voet in die vryskutdeur te kry. KLIK HIER OM DIE RES VAN DIE ARTIKEL TE LEES.

SAFREA 2020/21 Vryskutbedryfverslag

SAFREA  (Southern African Freelancers' Association) het sy vyfde jaarlikse Suider-Afrikaanse Vryskutmediabedryf en -tarieweverslag vrygestel tydens 'n nasionale webinar waar navorser Jude Mathurine die sleutelbevindinge genoem het. Die 2020/2021-verslag, wat 'n kritieke maatstafinstrument vir selfstandige en deeltydse vryskutters in die kommunikasiebedryf is, bevat 'n paar eerstes. Die studie dek 'n tydperk wat gekenmerk word deur die onstuimige invloed van Covid-19 en die verhoogde digitale ontwrigting in die kommunikasiesektor. Dit het aan die lig gebring dat een uit elke vyf vryskutters (22%) hul inkomste oor die opnametydperk verhoog het, maar baie het hul tariewe verlaag om te oorleef. Twee uit elke drie vryskutters het verliese tussen 25% en 100% van hul inkomste gerapporteer. Laai die volledige verslag af.

MENTORSKAP: Twee koppe is beter as een

Of jy nou jou eerste boek skryf of onseker is van ‘n bloginskrywing, ‘n novelle, artikel of enige ander skryfstuk, kan 'n mentor jou help om jou skryfproduk suksesvol aan te pak én af te handel. Hoewel nie elke skrywer 'n mentor nodig het of wil hê nie, kan enige skrywer daarby baat om saam met 'n mentor te werk; dit geld veral vryskutskrywers wat dikwels alleen werk en dalk iemand benodig vir aanmoediging, raad, ondersteuning, doelwitbepaling en, belangrikste van alles – motivering. As jy nie oortuig is dat jy 'n skryfmentor nodig het nie, kyk bietjie na die voordele daaraan verbonde om saam met een te werk. Klik hier vir meer inligting.

Skrywer in die KOLLIG

June Botha

Die lang lys gepubliseerde boeke wat al deur June Botha geskryf is, is sprekende getuienis van haar versugting om elke leser deel te maak van haar storie, hetsy 'n kind of 'n volwassene. Lees hier hoe sy  haar skryfdrome vlerke gee. Lees die volledige onderhoud hier.

---000---

Wilnetta van Reenen

Hoekom het jy Ragel Petoors geskryf? Waar het die idee ontstaan?

Ek móés net. Ragel het my geroep om haar storie te vertel en ander se onkunde oor sulke dinge reg te stel. Dit was nodig om sulke dinge wat gewoonlik agter geslote deure of ‘n hand gesê te word in die oopte te kry sodat mense kan verstáán.  Lees die volledige onderhoud hier.

Bedryfsnuus 

rooi rose vier haar terugkeer na die rakke! Ja, jy het reg gelees – na ’n afwesigheid van ’n jaar en ’n half sal die Januarie 2022-uitgawe vanaf 17 Desember 2021 by meeste groothandelaars beskikbaar wees. Ons is steeds sinvol, stylvol en propvol met aktuele artikels, stories oor bekendes, inspirasiestories, mode, dekor, resepte, blokraaie, verhale en ’n paar toevoegings soos nuwe rubriekskrywers, hekelpatrone en nog meer. Dit als vir slegs R49,90 ! Klik hier vir rooi rose se webblad.

Suid-Afrika se top 20 aanlynpublikasies

Suid-Afrika se top aanlynpublikasie is News24, gevolg deur BusinessTech, TimesLive, The South African, Citizen en MyBroadband. Die ranglys is gegrond op die IAB Suid-Afrika (IAB SA) en Narrativive se Januarie 2022-verslag, wat Suid-Afrika se voorste aanlynpublikasies en -uitgewers rangskik. Lees die volledige berig hier.

Toekoms van joernalistiek in tegniese wêreld

Robyn Peterson, tegnologiese hoof van CNN, gesels oor die evolusie van die medialandskap; die impak van tegnologie op die verbruik van nuus en die toekoms van nuusjoernalistiek in 'n tegnologies-gedrewe wêreld. Lees volledige berig.

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: