Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.


NUUSBRIEFARGIEWE

  • Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
  • Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?

  • Wat ookal die rede waarom jy op dié blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige nuusbrief en sy inhoud.   

Lekker lees!

https://campaign-image.com/zohocampaigns/133052000002479558_zc_v25_last.png

Desember 2021 NUUSBRIEF


INHOUD

Van my rekenaar:

Annus horribilis?

MEDEWERKERS:

»  Nuuspod

»   Cordis Trust

»   Nog medewerkers

SKRYFWENKE:

»   Hoe skryf jy dialoog vir 'n kinderboek?

»   5 Elemente van 'n kortverhaal

ARTIKELS:

»  2021 - Die jaar wat was

»   Waarom skryf jy nie 'n novelle nie?

SKRYFWENK :

»  Onfeilbare wenke om meer stories te verkoop

VRYSKUTNETWERK:

»   Ontmoet ons lede

»   Wil jy aansluit?

OP ONS WEBBLAD:

»  Skryfkursusse

» Getuigskrifte

» Databasisse

»  Professionele dienste

»  Kuberwinkel

»  Kompetisies

»  Hulpbronne

» Skrywer in die kollig

»  Vir  skrywers

Die doelwit van hierdie virtuele skryfklub is om vir  jou  'n platform te verskaf waar jy jou stories, gedigte of enige ander skryfsels kan plaas sodat ander mense dit kan lees en selfs terugvoering kan gee. So sluit onverwyld aan!

SLUIT AAN

Nuuspod  publiseer video-onderhoude en artikels op   Youtube.com   om nuus en aktualiteit hoofsaaklik in Afrikaans beskikbaar te stel deur veral te fokus op die storie agter die nuus, alhoewel van die materiaal soms in Engels verskaf sal word. Hoewel politiek en misdaad die brandendste kwessies in Suid-Afrika is, gee Nuuspod ewe veel aandag aan ander sake soos die wetenskap, gesondheid, finansies, goeie nuus ensovoorts.

TUISBLAD

Cordis Trust is in 2000 opgerig en befonds deur dr Fanie Marais as 'n gedenktrust vir Mardene Marais (28/08/1968 - 18/10/1989). Die doelwitte van Cordis Trust ( Uit die hart ) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop).

TUISBLAD

SA Skrywers is geskep vir skrywers wat graag skryf en aan uitdagings wil deelneem en sodoende die kans te staan hul stories in 'n bundel opgeneem te word. 

SLUIT AAN

2022 SKRYWERSALMANAK

Het jy al ons unieke 2022 Skrywersalmanak afgelaai?

Van my rekenaar...

En hier's ons wraggies alweer aan die einde van dié jaar. Dit voel vir my asof vanjaar nóg vinniger verby gevlieg het as voorafgaande jare. Dalk is dit omdat ons nou permanent in vreemde tye leef, wie weet?

   Ongelukkig was hierdie jaar vir te veel mense hul  annus horribilis  en hopelik is daar planne te maak vir diegene wat hul werk of besighede verloor het. Met die land se uitgebreide werkloosheidskoers wat tot 44,6% in die derde kwartaal gestyg het, beteken dit minstens 12,5 miljoen mense in Suid-Afrika is tans werkloos en blykbaar soek slegs 7,6 miljoen tans aktief na werk . Dinge op die formele werksfront lyk dus maar bedroef.

     Maar... as jy vryskut werk is daar 'n lig voor in jou tonnel en ek is doodseker dis nie 'n trein nie. Vryskutte is bekend daarvoor dat hulle werk uit niks kan genereer en sodoende gereeld 'n paar geldnote in hul beursie kan verseker. 

    Dis waar, weet jy. Soveel mense kan deesdae nie meer

spel nie (dink maar aan al die waard eu rs, skr ui fstukke, h ui l dronke, ens. wat gereeld oor jou rekenaarskerm flits) en nóg minder kan iets amptelik skryf. Wat maak hulle dan? Hulle roep JOU hulp in.

      Sakebriewe, handboeke, toesprake, memorandums, notules, nuusbriewe, boeke, advertensiekopie en proeflees en redigering... noem dit op: enige skryfstuk (met 'n lang Y!) wat geskryf of geredigeer moet word is soos manna uit die hemel vir jou. As jy dus een van daardie mense is wat 'n professionele woordsmid is, is jou finansiële kopsorge dalk effens minder as die gemiddelde mens s'n. 

    Dis geen wonder dat arm mense in die Middeleeue grootliks verhoed was om geletterd te wees: diegene wat die krag van woorde kon annekseer het ál die mag en kennis in pag gehad. 

   Onthou net, woorde kan doodmaak, maar woorde kan ook heel. Jy, as woordsmid, het meer mag as wat jy dalk besef, want jy is in staat om daardie krag van woorde tot jou eie voordeel te benut. Jy kan enigiets skryf, enigiets redigeer. Jy hoef nooit sonder werk te sit nie, want daar sal áltyd 'n aanvraag vir skrywers wees. Dis eintlik die enigste gegewe in ons vinnig-veranderende wêreld.

    So gaan voort en floreer in 2022 en mag dit vir jou 'n goeie skryfjaar wees.

Leoni

2021 – Die jaar wat was

Vanjaar was nogal ‘n interessante jaar op die skrywersfront. Ons kyk na ‘n paar hoogtepunte:

'n Reuse lans is vir joernalistieke vryheid gebreek met die toekenning van die  2021 Nobelprys vir Vrede  aan twee joernaliste, Maria Ressa en Dmitri Muratov, vir hul pogings om vryheid van uitdrukking te beskerm, wat 'n voorwaarde vir demokrasie en blywende vrede is. Die twee ontvang die Vredesprys vir hul moedige stryd om vryheid van uitdrukking te bevorder in die Filippyne en Rusland. Terselfdertyd is hulle verteenwoordigers van alle joernaliste wat vir hierdie ideaal opstaan ??in 'n wêreld waarin demokrasie en persvryheid toenemend ongunstige toestande in die gesig staar.

---0---0---0---0---0---

Die  South African Freelancers Association (Safrea)  het sy 2019/2020 Tariewe Opname vrygestel wat interessante neigings – en ’n paar verrassings – in hierdie steeds groeiende bedryf uitlig.

   Jude Mathurine, ‘n joernalistieke dosent, en Curwyn Mapaling, ‘n kliniese sielkundige en albei Safrea-lede, het die vierde jaarlikse opname geskryf. Hier is van hul belangrikste bevindinge:

     ’n Derde van diegene wat ondervra is, verdien minder as R10 000 per maand. Daar was egter 'n paar – gewoonlik diegene met jare se ondervinding – wat 'n maandelikse inkomste van meer as R110 000 gerapporteer het.

     Grafiese ontwerp was die top primêre spesialisasie in 2019, en proeflees die volgende gewildste. Daarteenoor neem die gewildheid van joernalistiek as 'n vryskutspesialisasie vinnig af in die lig van 'n krisis in tradisionele mediavolhoubaarheid.

      Ten spyte van die toename in aanlyn werksoektogte en toepassings, verdien slegs 'n klein fraksie (sowat 3%) hul primêre inkomste uit aanlynmarkte soos Fiverr en Upwork.

Aanlyn en digitaal bied die meeste werksgeleenthede, en korporatiewe kliënte is verantwoordelik vir 30% van alle inkomste.

     Bogenoemde is slegs ‘n paar aspekte uit die lywige verslag. Indien jy die volledige verslag wil lees, kan jy  hier  ‘n gratis kopie gaan aflaai.

---0---0---0---0---0---

     Dit was 'n besonder somber jaar vir joernalistiek. Die  Committee for the Protection of Journalists (CPJ)  se 2021-sensus het bevind dat die aantal joernaliste wat vir hul werk tronk toe gestuur is, 'n nuwe wêreldrekord van 293 bereik het, teenoor 280 in 2020. Minstens 24 joernaliste is vermoor weens hul dekking tot dusver vanjaar; 18 ander het in onduidelike omstandighede gesterf.  

     China bly vir die derde agtereenvolgende jaar die land wat joernaliste die swakste behandel, met 50 agter tralies. Mianmar het tot die tweede plek gestyg ná die media-onderdrukking wat gevolg het op sy militêre staatsgreep op 1 Februarie. Egipte, Viëtnam en Wit-Rusland het onderskeidelik die top vyf afgerond.

---0---0---0---0---0---

Die gesogte  Booker-prys  is aan die Suid-Afrikaanse skrywer Damon Galgut vir sy roman  The Promise toegeken.

“Ek is regtig innig, nederig dankbaar hiervoor,” het die 57-jarige Galgut gesê toe hy die gesogte Britse toekenning by ? seremonie in Londen ontvang het.    

     Galgut het skrywers van onder meer Sri Lanka, Brittanje en die VSA uitgestof om met die toekenning weg te stap.

Maya Jasanoff, voorsitter van vanjaar se beoordelaarspaneel, het  The Promise  uitgesonder vir “ongelooflike oorspronklikheid” en ? roman met “historiese en metaforiese betekenis”.

                               Artikels

                                Waarom skryf jy nie 'n novelle nie?

Die novelle val êrens tussen die kortverhaal en die roman. Dit is langer as die kortverhaal, maar korter as die roman. Dit is nie so gekonsentreerd soos die kortverhaal nie en enkelvoudiger van opset as die roman, met gewoonlik net een gebeurtenis as tema.

     ? Novelle is ‘n geskrewe, fiktiewe, prosaverhaal gewoonlik langer as ? kortverhaal maar korter as ? roman. Die woord is afgelei van die Italiaanse woord "novella–", vroulike vorm van "novello–", wat "nuut" beteken. Dit is ? algemene literêre genre in verskeie Europese tale.

    'n  Novelle bevat normaalweg minder intrige as ? roman, maar meer ingewikkelde intriges as ? kortverhaal. Die intriges kry ook meer tyd om te ontwikkel as in die geval van kortverhale. Anders as met romans is dit gewoonlik nie in hoofstukke opgedeel nie, en is baie maal bedoel om in een sessie gelees te word, net soos die kortverhaal, hoewel oop ruimte soms gebruik word om gedeeltes te skei. Dit behou dus die geheeleffek.

Verskille tussen roman en novelle

• 'n Roman word beskou as die langste vorm van geskrewe narratiewe fiksie, terwyl 'n novelle korter is as 'n roman, maar langer as 'n kortverhaal.

 • In terme van struktuur word 'n roman in hoofstukke aangebied terwyl 'n novelle nie noodwendig in hoofstukke verdeel word nie.

• Die lees van 'n roman kan tyd neem; selfs 'n paar dae selfs, maar 'n novelle kan in 'n enkele sitting gelees word.

• 'n Roman het 'n komplekse plot en meer karakters terwyl 'n novelle 'n minder ingewikkelde plot en 'n slegs ‘n paar karakters bevat.

• Die tydlyn van die gebeure wat in 'n roman plaasvind, is langer as dié van 'n novelle.

• Die gemiddelde lengte van 'n roman is ongeveer 100 000 woorde, terwyl 'n novelle tipies 25 000 tot 55 000 woorde bevat.

null• 'n Roman is langer en ingewikkelder as 'n novelle. In terme van struktuur, plot en elke ander aspek is 'n novelle tussen 'n kortverhaal en 'n roman.

Hoe lyk dit? Prikkel dit jou belangstelling? Kyk  HIER na besonderhede van ons gewilde NOVELLEkursus.

Onfeilbare wenke om meer stories te verkoop

1.   Gebruik sterk, visuele werkwoorde om die toneel uiteen te sit.

2.   Skep ongewone en aanskoulike beskrywings – wys eerder as om te vertel.

3.   Dis ‘n algemene siening dat “besonderhede die leser trek en veralgemenings hulle afstoot”.

4.   Toor onmiddellikheid in jou skryfwerk op deur gebruik te maak van tasbare duidelike selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde.

5.   Ontwikkel die kuns om op die leser se emosies te speel.

6.   Wissel jou sinslengtes gereeld af.

7.   Vermy stereotipes (“clichés”).

8.   Wees gefokus en saaklik.

9.   Gebruik eenvoudige woorde wat nie die openingsparagraaf belemmer nie.

10.  Daar moet ‘n logiese vloei van die een sin na die volgende wees ...

11.  ‘n Verleidelike inleiding skep ‘n gevoel van afwagting.

Klik hier om na ons JOERNALISTIEKE en KREATIEWE skryfkursusse te kyk.

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: