Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.


NUUSBRIEFARGIEWE

  • Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
  • Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?

  • Wat ook al die rede waarom jy op dié blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige berig.   

Lekker lees!

https://campaign-image.com/zohocampaigns/133052000002479558_zc_v25_last.png

September 2022 NUUSBRIEF


INHOUD


VAN MY REKENAAR:

»  Kyk na jouself


MEDEWERKERS:

» SA Vryskutskrywer SKRYFKLUB 

» Cordis Trust

» SA Skrywers 

» SA Kinderboekskrywers

»  Nuuspod


ONS PRAAT SKRYFWERK:

»  3 Redes om 'n  

   skryfslypskool te volg

» Kinderboeke in die kollig

»  7 Wenke vir 'n topverkoper-kinderboek


ALLERLEI:

»  Mentorskap

» Wat's nuut?

  • Sertifikaatblad

  • Vryskuthulpbronne

  • Perskantoo r

»  Bedryfsnuus


VRYSKUTNETWERK:

»  Ontmoet ons lede

»  Wil jy aansluit?


OP ONS WEBBLAD:

»  Skryfkursusse

»  Getuigskrifte

»  Databasisse

»  Professionele dienste

»  Kuberwinkel

»  Kompetisies

»  Hulpbronne

»  Vir  skrywers

»  Werksgeleenthede



Die doelwit van hierdie  virtuele skryfklub  is om vir  jou  'n platform te verskaf waar jy jou stories, gedigte of enige ander skryfsels kan plaas sodat ander mense dit kan lees en selfs terugvoering kan gee. So sluit onverwyld aan!

SLUIT AAN

Cordis Trust  is in 2000 opgerig en befonds deur dr Fanie Marais as 'n gedenktrust vir Mardene Marais (28/08/1968 - 18/10/1989). Die doelwitte van Cordis Trust ( Uit die hart ) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop).

TUISBLAD


SA Skrywers  is geskep vir skrywers wat graag skryf en aan  uitdagings wil deelneem om sodoende die kans te staan dat hul stories in 'n bundel opgeneem word. Hierdie bundels word elke ses maande saamgestel en skrywers word vanselfsprekend aangemoedig om (1) deel te neem, en (2) die bundels aan te skaf.

SLUIT AAN


SA Kinderboekskrywers  is geskep vir kinderboekskrywers wat deelneem aan skryfuitdagings om opgeneem te word in 'n bundel wat elke ses maande met die beste kinderverhale saamgestel word. S krywers word vanselfsprekend aangemoedig om (1) deel te neem, en (2) die bundels aan te skaf.

SLUIT AAN

Nuuspod  publiseer video-onderhoude en artikels op YouTube.com  om nuus en aktualiteit hoofsaaklik in Afrikaans beskikbaar te stel deur veral te fokus op die storie agter die nuus, hoewel van die materiaal soms in Engels verskaf sal word. Hoewel politiek en misdaad die brandendste kwessies in Suid-Afrika is, gee Nuuspod ewe veel aandag aan ander sake soos die wetenskap, gesondheid, finansies, goeie nuus, ensovoorts.

TUISBLAD


2022 SKRYWERSALMANAK
Het jy al ons unieke 2022 Skrywersalmanak afgelaai?

MENTORSKAP: Twee koppe is beter as een

Of jy nou jou eerste boek skryf of onseker is van ‘n bloginskrywing, ‘n novelle, artikel of enige ander skryfstuk, kan 'n mentor jou help om jou skryfproduk suksesvol aan te pak én af te handel. Hoewel nie elke skrywer 'n mentor nodig het of wil hê nie, kan enige skrywer daarby baat om saam met 'n mentor te werk; dit geld veral vryskutskrywers wat dikwels alleen werk en dalk iemand benodig vir aanmoediging, raad, ondersteuning, doelwitbepaling en, belangrikste van alles – motivering.  As jy nie oortuig is dat jy 'n skryfmentor nodig het nie, kyk bietjie na die voordele daaraan verbonde om saam met een te werk.

Klik hier vir meer inligting.

Ons het 'n aantal

DATABASISSE ontwikkel om jou in staat te stel om:

? jou werk maklik te verkoop of gepubliseer te kry; en

? jou selfvertroue 'n hupstoot te gee omdat jy presies weet wat van jou verlang word sover dit jou skryfwerk aangaan, asook watter verskillende opsies beskikbaar is.

Kyk gerus by ons kuberwinkel na die verskillende soorte databasisse wat ons beskikbaar het. Daar is een vir elke aspek van jou skryfwerk.  KLIK HIER.

Van my rekenaar...

Uitbranding is 'n toestand van fisiese of emosionele uitputting wat veroorsaak word deur verskillende faktore soos werkoorlading, konflik, langdurige stres en gebrek aan sosiale ondersteuning.

    Dit is algemeen dat 'n persoon wat uitbranding ervaar oorweldig, sinies en apaties teenoor veral hul werk voel. Hulle kan ook sukkel om te slaap, eet of konsentreer. Wanneer dit nie behandel word nie, kan uitbranding lei tot depressie of ander geestesgesondheidsprobleme.

    Waarom gooi ek jou met hierdie geleerde woorde? Omdat ék so pas ‘n uitbrandingslagoffer was. Eers het ek gedink dis net as gevolg van die pandemie en die vreemde omstandighede rondom Die Kiem.     Namate my gemoed versleg het, het ek egter begin agtergekom daar is iewers groter fout. My mojo was net hééltemal weg! En toe my dierbaarste wolhondjie ‘n maand gelede in my arms dood is, het ek my stryd teen uitbranding algeheel verloor.

    Vryskutskrywers se lewe is een groot balanseertoertjie. Jy is altyd besig om aan verskeie goed gelyktydig te werk omdat jy nie die luukse van ‘n salarisstrokie het wat jou in staat stel om slegs op ‘n enkele ding te konsentreer nie. Jy het meer as een baas – ja, baas , want jy moet volgens jou kliënte se voorskrifte werk. Dit beteken jy het verskeie mense wat jy elke dag tevrede moet hou. Om nie te praat van die verskeidenheid take wat jy moet afhandel en dus jou brein in verskillende kompartemente moet indeel nie.

    En hier praat ek nie slegs van skryfwerk of iets dergeliks nie. Jy is Vryskutskrywer Beperk , ‘n besigheid op jou eie. Dit beteken daar is altyd administratiewe take wat ook afgehandel moet word. En raai wie moet dit doen? Jy, tensy jy kan bekostig om iemand aan te stel om dit te doen. En wie van ons kan werklik so ‘n luukse bekostig? En natuurlik is daar die stres van gaan jy die einde van die maand genoeg geld hê om al jou finansiële verpligtinge na te kom?

    Verder het jy natuurlik ook gesins- en familieverpligtinge, dinge wat in en om jou woonplek gedoen moet word, inkopies, kosmaak… die lys is eindeloos. En jy’s net één mens. Jammer mens kan jouself nie kloon nie, nè?

    Nietemin, uitbranding is ‘n wesentlike toestand en veral vryskutwerkers is erg blootgestel daaraan. Hier is 'n paar algemene tekens en simptome van uitbranding:

Weersin in jou werk: 'n Besliste teken van uitbranding is dat jy werk begin vermy of uitstel. Met verloop van tyd kan jy sinies raak oor die vryskutroetine en dan loop jy die gevaar om ‘n afkeer in die werk wat jy die liefste het, te kry.

Verminderde produktiwiteit: Selfs as jy nie werk vermy nie, kan 'n aansienlike afname in jou produktiwiteit 'n onderliggende oorsaak van uitbranding wees, veral as jy dit moeilik vind om op werk te konsentreer, hetsy weens oorlading of stagnasie.

Buierigheid: As jy agterkom dat jy taamlik kortgebaker voel of vinnig geïrriteerd raak, of skielike woede of aggressie toon, kan dit ook impliseer dat jy aan uitbranding ly.

    As gevolg van die diep slaggat in my eie vryskutpad het ek ‘n bietjie navorsing oor vryskutuitbranding gaan doen. Ek het die bevindinge in ‘n artikel ( 6 Wenke om vryskutuitbranding te vermy ) vir julle saamgestel en omdat ek nie aan “maak soos ek sê en nie soos ek doen” glo nie, het ek begin om hierdie wenke sélf toe te pas. Blykbaar werk dit nogal, want raai, hier’s ek besig om uiteindelik ‘n nuusbrief uit te stuur waaraan ek al van Maart af werk! En, ten spyte van die yslike gat in my hart wat deur my hondjie gelaat is, is ek weer lus om te werk. Gaan lees dus gerus daardie artikel ( KLIK HIER ). Dalk kan dit jou help as jy dit benodig.

    Mooi loop tot volgende keer en ek gaan my bes probeer om nie weer so lank te wag met die volgende nuusbrief nie. Daar is sóveel skryfnuus wat ek met julle wil en móét deel.

/campaigns/org752279864/sitesapi/files/images/752281576/Leoni_naam_klein.jpg

3 Redes om ‘n skryfslypskool  te volg

Dink bietjie hieroor…

  • Om jou werk eendag goed en ingelig te kan doen, moet jy opleiding ontvang.

  • Om ‘n mediese dokter te wees moet jy weet hoe die menslike liggaam werk.

  • Om ‘n onderwyser te wees, moet jy weet hoe om ‘n kind se leerprosesse te verstaan.

  • Om ‘n boekhouer te wees, moet jy weet van getalle en boekhoudi ng.

Sonder bogenoemde stel jy jouself bloot aan mislukking. Geen mens kan tog ‘n beroep probeer betree sonder die nodige opleiding nie, of hoe?

Lees die artikel op ons blog

Kinderboeke in die kollig


7 Wenke vir 'n topverkoper-kinderboek

Daar is sewe belangrike redes waarom daardie kinderboekmanuskrip wat jy met groot entoesiasme geskryf het nou in jou laai lê en vismotkos word. Hierdie sewe sleutels tot sukses as 'n kinderboekskrywer is eenvoudig en eintlik heeltemal voor die hand liggend, maar baie skrywers vergeet daarvan in hul ywer om ‘n kinderboek te skryf. Plak hierdie paar wenke dus by jou lessenaar op sodat jy dit nooit uit die oog verloor nie.

Lees verder...


Die publikasie van Afrikaanse kinder- en jeugboeke in die 21ste eeu

In ’n studie wat pas voltooi is (Tiemensma 2022), is bevind dat die produksie van kinder- en jeugboeke in Afrikaans ’n stadige, maar bestendige groeikurwe in die 21ste eeu toon.

    Danie Goosen, akademiese hoof van Akademia, skryf op 14 Augustus 2022 op Maroela Media: “Dit is verrassend dat ’n groot aantal literêre werke vandag steeds in Afrikaans verskyn.” Sonder om betrokke te raak by die polemiek oor die “ideologiese klimaat” (Heilna du Plooy in Rapport op 7 Augustus 2022) waarin Afrikaanse kinderboeke hulle tans bevind, kan daar gevra word wat die stand van Afrikaanse kinder- en jeugboeke in die 21ste eeu is.

Lees die volledige akademiese artikel op LitNet se webblad.


Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era

Kinder- en jeugboeke is dikwels ’n bron van omstredenheid in die wêreldletterkunde. Onlangs het The Guardian berig dat 27 kinderboek-illustreerders in China deur die owerhede gestraf is oor hulle “tragies lelike” werk wat nie “die sonnige aard van Chinese kinders weerspieël” nie. In Suid-Afrika sal 2022 onthou word as die jaar waarin die kollig skerp op Afrikaanse kinder- en jeugboeke geskyn het. Twee insidente het aanleiding gegee tot heftige polemieke oor die veranderende aard van dié genre in Afrikaans. Lees die volledige artikel op LitNet se webblad.

Bedryfsnuus

Afrikaanse woordkuns vereer 5 buitengewone vroue

Die  Cordis Trus t , ’n nie-winsgewende organisasie wat Afrikaanse woordkuns bevorder, het vyf “buitengewone” vroue gedurende Vrouemaand vereer.

“Die Trust gee periodiek erkenning aan persone wat sigbare bydraes tot sy mikpunte van deernis, Afrikaanse woordkuns en die boodskap van hoop lewer,” sê Fanie Marais, stigter van Cordis Trust.  Lees verder op Cordis Trust se Facebook-blad .  en klik  hier  om die Netwerk24-berig te lees.


kykNET-Rapport-boekpryse 2022: Kortlyste bekend

Vroueskrywers maak skoonskip op die twee fiksiekortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-boekpryse. Onder hulle is die bekroonde digter Ronelda Kamfer wie se debuutroman  Kompoun  vir beide die kykNET-Rapportprys vir romans en die Jan Rabie-Rapportprys vir eerste of tweede prosawerke benoem is.

    Die vier kortlyste vir die boekpryse, wat toegeken word vir werk wat in 2021 verskyn het, is pas bekend gemaak.

    Die prysgeld vir die kykNET-Rapportpryse is verhoog en beloop nou altesaam een miljoen rand. Pryse word soos volg toegeken: R300 000 elk vir die kykNET-Rapportprys vir fiksie (romans) en niefiksie onderskeidelik, R155 000 vir die kykNET-Rapport-filmprys, R155 000 vir die Jan Rabie-Rapportprys, en R30 000 elk vir drie resensiepryse. Lees die volledige persverklaring hier.


ATKV-Woordveertjies Finaliste
Skud jou vere reg, want dit is weer daardie tyd van die jaar wat die ATKV skrywers se uitsonderlike pennevrug, toewyding en kreatiwiteit vier. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.  Lees die lys hier op die ATKV se webblad.

Tweede kwartaal ABC-syfers - Tydskrifte
Die tweede kwartaal van die Ouditburo vir Sirkulasies (ABC) van Suid-Afrika se Tydskrifkategorie wys dat gratis tydskrifte en digitale tydskrifte (enige tydskrif sonder gedrukte eweknie) weer eens die wenners was.  Lees verder.

Nuwe kopieregwetgewing deur parlement aanvaar: Wat skrywers moet weet
Dat die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg skrywers direk raak, is voor die hand liggend. Skrywers maak op kopiereg staat. Baie skrywers skryf om den brode. Die Wet op Outeursreg gee hulle die eksklusiewe reg om, onderworpe aan sekere beperkings, seggenskap te hê oor hul kreatiewe werk. Daardie eksklusiwiteit is ’n belangrike faktor vir die kommersialisering van skryfwerk en ander skeppende werke. Lees volledige artikel hier .

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: