Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.


NUUSBRIEFARGIEWE

  • Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
  • Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?

  • Wat ook al die rede waarom jy op dié blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige berig.   

Lekker lees!

https://campaign-image.com/zohocampaigns/133052000002479558_zc_v25_last.png


VAN MY LESSENAAR:

» Skrywersalmanak 2023/24

MEDEWERKERS :

»  Cordis Trust

» SA Vryskutskrywer SKRYFKLUB 

» SA Skrywers

» SA Kinderboekskrywers

» Kierang Geselspoppe

»  Nuuspod

ARTIKELS:

» Gaan KI jou vervang?

» Fokus op ons medewerkers

» S uksesstories

» Skrywer in die KOLLIG 

» Skryfwenk: Skryf 'n boek in 'n jaar

» Skryfwenk: Voltooi jou boek met 'n skedule

ALLERLEI:

» Mentorskap

»  Bedryfsnuus

»  Sertifikaatblad

»  Perskantoor

»  Vryskuthulpbronne

WAT'S NUUT?

» Mentorskap

»  Bedryfsnuus

»  Sertifikaatblad

VRYSKUTNETWERK:

» Ontmoet ons lede

» Wil jy aansluit?

OP ONS WEBBLAD:

» Skryfkursusse

» Getuigskrifte

» Databasisse

» Professionele dienste

» Kuberwinkel

» Kompetisies

» Hulpbronne

» Vir  skrywers

» Werksgeleenthede

Die doelwit van hierdie virtuele skryfklub is om vir  jou  'n platform te verskaf waar jy jou stories, gedigte of enige ander skryfsels kan plaas sodat ander mense dit kan lees en selfs terugvoering kan gee. So sluit onverwyld aan!

SLUIT AAN

Cordis Trust is in 2000 opgerig en befonds deur dr Fanie Marais as 'n gedenktrust vir Mardene Marais (28/08/1968 - 18/10/1989). Die doelwitte van Cordis Trust ( Uit die hart ) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop).

TUISBLAD

SA Skrywers is geskep vir skrywers wat graag skryf en aan uitdagings wil deelneem om sodoende die kans te staan dat hul stories in 'n bundel opgeneem word. Hierdie bundels word elke ses maande saamgestel en skrywers word vanselfsprekend aangemoedig om (1) deel te neem, en (2) die bundels aan te skaf.

SLUIT AAN

SA Kinderboekskrywers  is geskep vir kinderboekskrywers wat deelneem aan skryfuitdagings om opgeneem te word in 'n bundel wat elke ses maande met die beste kinderverhale saamgestel word. Skrywers word vanselfsprekend aangemoedig om (1) deel te neem, en (2) die bundels aan te skaf.

SLUIT AAN

Kierang Geselspoppe  is ‘n gesellige groep Afrikaanse geselspoppe wat besluit het om hul eie baas te wees en onder leiding van die hoofpop, Kierang - ja, die een met ‘n neus vir ‘n fees! - op hul eie te gaan om pret, plesier en sommer net feestelikheid in Afrikaans te versprei.

TUISBLAD

MENTORSKAP: Twee koppe is beter as een

Of jy nou jou eerste boek skryf of onseker is van ‘n bloginskrywing, ‘n novelle, artikel of enige ander skryfstuk, kan 'n mentor jou help om jou skryfproduk suksesvol aan te pak én af te handel. Hoewel nie elke skrywer 'n mentor nodig het of wil hê nie, kan enige skrywer daarby baat om saam met 'n mentor te werk; dit geld veral vryskutskrywers wat dikwels alleen werk en dalk iemand benodig vir aanmoediging, raad, ondersteuning, doelwitbepaling en, belangrikste van alles – motivering. As jy nie oortuig is dat jy 'n skryfmentor nodig het nie, kyk bietjie na die voordele daaraan verbonde om saam met een te werk.

Klik hier vir meer inligting.

Ons het 'n aantal DATABASISSE ontwikkel om jou in staat te stel om:

? jou werk maklik te verkoop of gepubliseer te kry; en

? jou selfvertroue 'n hupstoot te gee omdat jy presies weet wat van jou verlang word sover dit jou skryfwerk aangaan, asook watter verskillende opsies beskikbaar is.

Kyk gerus by ons kuberwinkel na die verskillende soorte databasisse wat ons beskikbaar het. Daar is een vir elke aspek van jou skryfwerk.

Klik hier vir meer inligting.

ProVARIA vind ’n tuiste in VivA se nuwe Variasieportaal

Waarom by ’n uitgewer  aanklop eerder as om self te publiseer?

Wenner van Jan H Maraisprys 2023

Dan Sleigh:  1938-2023

Uitdagings en voordele van selfpublikasie: ’n onderhoud met Francine Beaton

Persverklaring: Hierdie skrywers het die US Woordfeeskortverhaalbundel 2023 gehaal

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2023

Kortlyste vir kykNET-Rapport-boekpryse 2023 bekend

Skryf 'n boek in 'n jaar

Jy het besluit jy wil binne ‘n jaar 'n boek skryf, nè? Dis ‘n wonderlike idee, maar nou moet jy met 'n plan vorendag kom om dit te laat gebeur – ‘n plan wat eenvoudig genoeg is om jou te help om die doelwit te bereik, maar tog omvangryk genoeg om 'n boek binne 'n jaar te kan voltooi. Een maklike en effektiewe manier om die boek-in-'n-jaar-doelwit te bereik, is om die 365-dae boekskryf-uitdaging aan te pak.

Die konsep van hierdie uitdaging is eenvoudig genoeg sodat enige skrywer, ongeag hul ervaringsvlak, dit moet kan volg om hul doel te bereik. Die meeste mense wat besluit hulle wil 'n boek skryf, misluk omdat hulle té veel in ’n te kort tydjie probeer doen. Of anders is die verskoning dat hulle nie genoeg tyd het nie. Hierdie uitdaging maak gebruik van die feit dat daar 365 dae in 'n jaar is en dat jy 'n daaglikse skryfgewoonte kan bou.

Die boekskryf-uitdaging werk só:

Sodra jy besluit om te begin, moet jy elke dag tussen een en 365 woorde skryf. Jy moet mik om die hoogste aantal woorde wat jy kan te skryf om die hoogste getal van die grafiek af te kruis, maar solank jy enige aantal woorde skryf wat ooreenstem met 'n nommer wat nog op die grafiek beskikbaar is, is jou kop deur. Aan die einde van die dag plaas jy 'n kruisie op die grafiek oor die aantal woorde wat jy daardie dag geskryf het. Dit doen jy elke dag vir ‘n hele jaar en aan die einde van die jaar sal jy 66 795 geskrewe woorde hê – genoeg vir ‘n boek. Nog belangriker, jy sou 'n daaglikse skryfgewoonte gevestig het wat jy dan kan gebruik om jou volgende boek baie makliker te kan skryf.

Eenvoudig, nè? Waarvoor wag jy dan? Druk die meegaande tabel uit en begin skryf. Binnekort is jy ‘n ervare skrywer met ‘n boek om vir al jou moeite te wys. Sterkte!

Laai 'n 365-dag skryfrooster HIER a f.

WINTER 2023

Ja, ja, ek weet.

Hierdie nuusbrief is al lankal oor die tyd, maar ai, soms raak mens besig. Báie besig en dan vlieg die tyd in 'n oogwink verby. Buitendien dink ek 'n uur bevat nie meer 60 minute nie, maar eerder net 50. Dit lyk omtrent so as mens kyk hoe vinnig die tyd verbyflits. Veral saam met beurtkrag. Kersfees wink al amper weer!

Maar alle goeie dinge kom uiteindelik na dié wat wag, en ek kan vandag die 2023/24 Skrywersalmanak met julle deel. Daar is vanjaar twee weergawes: 'n aflaaibare PDF-lêer wat staties is en 'n webweergawe wat volledige inligting omtrent elke gebeurtenis of dag bevat. Die voordeel van laasgenoemde is dat ek dit al die tyd kan bywerk soos wat nuwe gebeure of inligting vorendag kom, so maak seker jy kyk gereeld na die webweergawe. Hopelik gaan hierdie omvattende almanak jou met jou werk kan help. Ek hoop so! Gaan laai die PDF-weergawe (verkort) hier af en bekyk die aanlynweergawe hier .

Julle het seker al opgemerk dat die werkblad deesdae taamlik stagnant en yl is. Die rede is nie omdat ek opgehou het om na werk vir julle te soek nie, maar omdat ek besluit het om werkgewers wat eerder na ras in plaas van meriete kyk, algeheel te vermy. Dis net só onregverdig om teen 'n wit Afrikaanssprekende te diskrimineer om die regering se rasbehepte werkkwotas te vul. Ek sal dit nie ondersteun nie. SA Vryskutskrywer staan vir ALLE Afrikaanssprekendes - ongeag ras en geloof - en glo meriete weeg swaarder as om na 'n benepe regering se pype te dans. Wanneer daar dus 'n werk op ons werkblad geplaas word, kan jy seker wees die werkgewer soek werklik die beste kandidaat.

Ek het ook die nuusbrief se formaat effe verander en hoop dit vind byval. Ek weet dis bietjie lank, maar onthou, hierdie nuusbrief moet die werk van minstens twee nuusbriewe verrig wat agterweë gelaat is. Ek mik om binne sowat twee maande weer 'n amptelike nuusbrief uit te stuur. Intussen kan julle op die webblad en Facebookblad na tydige nuus gaan kyk. Ek plaas dit soos wat ek dit ontvang.

Groete van huis tot huis.

Kan KI jou vervang?

Die nuutste gonswoord deesdae is  kunsmatige intelligensie  (KI) en tereg ook. Oral waar jy op die internet kyk word jy hiermee gekonfronteer. Een helfte van die wêreld omhels dit as ‘n fantastiese idee, terwyl die ander helfte mor dat dit gewone mense se lewens gaan omkeer en hul werk steel. Aan wie se kant moet ons as skrywers dan wees?

Tussen die boom en die bas, lyk dit my.

‘n Nuwe nuuskanaal, News GPT , het op 1 Maart vanjaar begin om nuus te verskaf sonder ‘n enkele verslaggewer in sig. NewsGPT se oogmerk is om onbevooroordeelde en feite-gebaseerde nuus aan lesers dwarsoor die wêreld te verskaf. Masjienleeralgoritmes en natuurlike taalverwerkingstegnologie stel NewsGPT in staat om relevante nuusbronne van regoor die wêreld intyds te skandeer. Dit gebruik dan hierdie data om nuusberigte en verslae te skep wat akkuraat, bygewerk en onbevooroordeeld is.

Dit maak vir my sin. ‘n Kunsmatige nuusbron, aangedryf deur algoritmes en sonder inmenging van mense, kan beslis nie in staat wees om bevooroordeeld te wees nie. Dit beteken die nuus móét wees soos dit bedoel is – suiwer en eerlik.

Maar wag, ons span nou die kar voor die perd. Kom ons begin eerder by die begin: Wat presies ís kunsmatige intelligensie? Wikipedia definieer dit as die intelligensie wat 'n masjien of sagteware tentoonstel. Dit is 'n akademiese studieveld wat poog om menslike intelligensie kunsmatig te skep. 

KI is egter nie nuut nie. Onthou jy Deep Blue? Die skaakrekenaar wat deur kunsmatige intelligensie aangedryf is en in 1997 ‘n skaakmeester geklop het?

Lees die volledige artikel op ons webblad.

Nuuspod is ‘n onafhanklike aanlynkanaal vir nuus en aktualiteit in hoofsaaklik Afrikaans. Die kanaal staan bekend as die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus, want nuus is baie meer as die koue feite op ‘n televisieskerm of in ‘n koerantberig. Agter elke nuusberig is daar ‘n mens, ‘n dieper storie, ‘n ander waarheid. Daarom is geen stem vir Nuuspod te konserwatief of liberaal nie, te regs of links, te mooi of lelik nie. As jy ‘n storie het, sal Nuuspod dit vertel, sonder enige agenda.

? Nuuspod is nie op brekende nuus ingestel nie, ons vertel die storie daarna, die dieper storie. Daarom is Nuuspod se bydraes nie net vyf of tien minute lank nie. Ons sorg dat elke kwessie goed deurtrap word vir die nuusneus wat so bietjie meer in ‘n storie soek.

?

Nuuspod is in Oktober 2020 begin deur Izak du Plessis, die bekende aanbieder van die televisieprogram, Boereverneukers , en skrywer van die gelyknamige boek. As omroeper was hy die ankeraanbieder van Monitor en Spektrum op RSG, die Afrikaanse SABC-radiostasie.

?

Hoewel ons op Afrikaans fokus, sal daar noodwendig ook bydraes in Engels wees, aangesien ons in ‘n land en wêreld bly waar ander mense nie Afrikaans praat nie.

?

? Sluit vandag nog aan by Nuuspod deur gratis op YouTube in te teken. Klik  hier om 'n intekenaar te word – en onthou, dis heeltemal gratis!

Webblad             

Lizanne Kruger se blog, Pandora se Dosie , tref die kuberruim met haar eerste humorinskrywing, Die ding omtrent rugby-ma's . Klik hier om dié lekkerlees humorinskrywing te geniet en daarop in te teken. 1-2-3-Blog jouself

Emsie Martin se nie-fiksieboek, Olie vir jou Lamp , verskyn by LAPA Uitgewers en word sommer vinnig 'n blitsverkoper. Tydskrifjoernalistiek , Teksredigering , Gemeenskapsjoernalistiek

Malvory Adams,  wat in 2020 die Skryf 'n Nie-fiksieboek kursus voltooi het, se proefboek, Als is nie net swart en wit , wat verlede jaar gepubliseer is, is op die kykNET-Rapport-boekpryse 2022-kortlys vir nie-fiksieboeke.

Eugene Pienaar wat in 2022 die blitskursus, Skryf dinamiese dialoog , voltooi se kortverhaal, Spookradio 302 FM , is gekeur vir die LitNet-slypskool Om te skryf .

Marilize King se kortverhale word in verskeie publikasies onder ‘n skuilnaam gepubliseer, onder meer: Koue Pampoen ( Huisgenoot );  Roxanne vannie Cape Flats ( Vrye Weekblad ), Die huis met die rooi lig ( Huisgenoot ). ABC van Kortverhale + Kortverhale met 'n Kinkel .

Eugene Pienaar het onlangs van ons Manuskripbeoordelingsdiens gebruik gemaak en na aanleiding van die verslag is sy eerste kortverhaal, Die Spookhuis , in Huisgenoot gepubliseer.

Hendie Grobbelaar , wat in 2016 SA Vryskutskrywer se ABC van Kortverhale -kursus voltooi, kan reeds 'n rits wenverhale en kortverhaalbundels agter haar naam skryf. Haar jongste sukses is haar kortverhaal, Die Rooi Tekkies , wat PEN Afrikaans se 2022-kortverhaalkompetisie gewen het.

Marlene Farmer se rubriek, Rooiwangappels, inbelsentrums en afleweringsdienste , word op Maroela Media gepubliseer. 'n Tweede rubriek, Wat die hart van vol is , word in die tydskrif, Kuier , gepubliseer. Skryf Kreatief!

Elmé Steyl (12) se verhaal, Die Waterwese wen tweede plek in Storiewerf se skryfkompetisie vir kinders . Kom ons skryf 'n Storie .

 Lees nog getuigskrifte hier.

RHONA KOTZé

Bedags is sy 'n onderwyseres in 'n klas propvol besige kinders, maar tuis is sy Rhona Kotzé, skrywer van 'n paar topverkoperboeke waarvan een, Pedale van Papier, tans sy tweede druk beleef en in die proses is om verfilm te word - elke skrywer se droom.

Ons het vir Rhona gevra om bietjie meer oor die skrywer agter hierdie eerlike boek, wat 14 jaar geneem het om te skryf, is. En ook hoe dit gebeur het dat die boek nou verfilm gaan word. Hier is haar storie in haar eie woorde ...

"Ek is Rhona Kotzé. Ek het voorheen as Rhona Scheepers bekendgestaan, maar sedert my egskeiding en tweede huwelik vyf jaar gelede, skryf ek nou onder my huidige van – Kotzé.

Ek het in Vereeniging grootgeword waarna ek in Potch onderwys gaan studeer het. Ek het twee dogters en vier kleindogters. Ons bly tans in Krugersdorp waar my man, Jean, in die politiek is en ek weer skoolhou nadat ek eintlik vroeg afgetree het om voltyds te kan skryf, maar nou skryf ek weer deeltyds.

  Lees die res van die onderhoud hier .

Skryfwenk: Voltooi jou boek met 'n skryfskedule

Om 'n boek te skryf kan nogal 'n reuse taak wees. Selfs 'n taamlike kort boek kan maande lank sloer – veral as jy slegs in jou vrye tyd kan skryf. Onthou jy hoe jy aan die begin van jou boek gedink het jy sal oor vier maande op die meeste die voltooide manuskrip aan ‘n uitgewer kan stuur? Wel, moenie alleen voel as jy na ‘n jaar nog nie eens halfpad gevorder het nie. 

Een van die grootste redes hiervoor is gewoonlik omdat jy verskeie ander onbeduidende goedjies kry om te doen net om nie voor jou rekenaar te gaan sit en te skryf nie. Die beste manier om hierdie ongefokusheid te oorkom – of selfs voorkom – is om ‘n skryfskedule op te stel.

‘n Skryfskedule is belangrik omdat dit realistiese doelwitte en mylpale stel. Dit sal jou help om 'n gevoel van vordering te handhaaf en, nog belangriker, dien as 'n vroeë waarskuwing dat jy agter raak.

Jy sal agterkom dat deur 'n skedule op te stel en daarby te hou, jy 'n gevoel van momentum sal behou. Jy sal voel hoe jy mylpale bereik, wat jou aan die beweeg en gemotiveerd sal hou. Dit sal jou ook 'n gevoel van prestasie gee wat sal verhoed dat jy "uitbrand" en heeltemal opgee met die boek omdat jy voel jy vorder nie.

Lees die res van die artikel op ons blog.

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: