Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapskis

Afrikaanse Skryfgoed

“Jy hoef nie ? graad in linguistiek te hê nie. ? Voorvinger is genoeg. Daar is ? Afrikaanse Speltoetser en ? Grammatikatoetser. Hulle is tot jou elektroniese diens.”

So skryf prof. Hans du Plessis, Direkteur van die ATKV-Skryfskool. Hiermee wil hy rekenaargebruikers gerus stel dat dit nie meer nodig is om oorweldig te raak wanneer dit kom by korrekte skryfwerk in elektroniese mediums soos Microsoft® Word nie.

Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) van die NWU-Pukke se skryfhulpmiddels help Suid-Afrikaanse rekenaargebruikers al ? geruime tyd om beter te skryf. CTexT se Afrikaanse SkryfGoed is die enigste versameling van vier Afrikaanse skryfhulpmiddels vir Microsoft® Office , en kan help met die volgende:

Vir beter spelling: Afrikaanse Speltoetser:

As die enigste sogenaamde tweedegenerasie-speltoetser vir Afrikaans, is hierdie is tans die mees gevorderde Afrikaanse skryfhulpmiddel. Dit beteken dat die Speltoetser ingewikkelde prosesse soos morfologiese analise toepas om woorde te evalueer, eerder as om hulle bloot te vergelyk met die woorde in ? woordelys (soos met baie ander speltoetsers die geval is). Die hulpmiddel gee goeie voorstelle en alternatiewe vir spelfoute, herken outomaties nuwe samestellings en verbuigings van woorde en spog met uitgebreide woordelyste.

Vir beter taalgebruik: Afrikaanse Grammatikatoetser:

Anders as ? speltoetser, het die grammatikatoetser se taak met meer as net spelling te make. CTexT se Afrikaanse Grammatikatoetser is die eerste Afrikaanse skryfhulpmiddel vir Microsoft® Office wat kan evalueer of taalgebruik in ? teks aan sekere konvensies en reëls (grammatika) van ? taal voldoen. Voorbeelde is:

  • Woordkeuse (byvoorbeeld korrekte gebruik van die woorde rys, reis of ruis);

  • Los- of vasskryf van woorde (byvoorbeeld besigheidsure); en

  • Korrekte grammatikale konstruksies (byvoorbeeld lelik boom teenoor lelike boom).

Afgesien van grammatikale aspekte, kan ? grammatikatoetser ook bepaal of die teks aan sekere stylvereistes, soos leestekengebruik en konsekwente taalgebruik, voldoen.

Vir beter woordkeuse: Afrikaanse Tesourus:

Kikker skryfwerk op met sinonieme vir meer as 40 000 woorde. Die Tesourus vergemaklik die opsoek van woorde en herken verwante woorde.

Vir beter bladuitleg: Afrikaanse Woordafbreker Hierdie nuttige hulpmiddel help met die afbreek van woorde op die regte plek aan die einde van ? reël.

Tot jou elektroniese diens: Die spiksplinternuwe Afrikaanse SkryfGoed 2011 is volledig versoenbaar met Microsoft® Office 2010 en is nou beskikbaar op www.spel.co.za , of kontak verkope@spel.co.za

Tot jou telefoniese diens: BlueTek Rekenaars (018 297 0164) is ook tot jou telefoniese diens vir enige navrae, bestellings of tegniese ondersteuning.

Kry  R50  afslag  op  die    Afrikaanse  SkryfGoed  2011  vir Microsoft® Office   as  jy  dit  deur  middel  van  dié  skakel  bestel: http://www.spel.co.za/savryskut.html

Die suksesfeite:

  • Verskeie universiteite, waaronder Noordwes, Stellenbosch, Pretoria, Vrystaat, UNISA en die Nelson Mandela Metropolitan University, gebruik reeds die Speltoetser met groot welslae.

  • Die sakewêreld het die Speltoetser ook met ope arms verwelkom en gebruikers sluit in ABSA, Senwes, en Afgri, sowel as verskeie prokureurspraktyke en finansiële adviseurs.

  • Regeringsdepartemente, waaronder die Departement van Landbou, en verskeie munisipaliteite dwarsoor Suid-Afrika maak ook gebruik van Afrikaanse SkryfGoed 2011.

  • Verkope onder organisasies soos kerke, taalverenigings en organisasies sonder winsbejag neem merkbaar toe.

Kry  R50  afslag  op  die    Afrikaanse  SkryfGoed  2011  vir Microsoft® Office   as  jy  dit  deur  middel  van  dié  skakel  bestel: http://www.spel.co.za/savryskut.html

 Lees hier waarom korrekte spelling so belangrik is.

Lees meer oor CTexT by www.nwu.ac.za/ctext of CTexT se sagtewareprodukte by www.spel.co.za .

Volg ons op Pinterest

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Terug

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: