Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapskis

Bruikbare wenke

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde én gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.

Stuur enige bruikbare wenke per e-pos aan  en noem sommer of jy geneë is daarmee as ons jou naam en/of besonderhede by jou wenk publiseer.

Die kamera maak nie die foto nie

    deur Johann van Tonder

Met die finale beoordeling van Buite se Blomfoto-kompetisie, waar die finaliste se pogings herhaaldelik op ’n groot skerm geflits is, het Mel Dicker se wenfoto uitgestaan.

Die kontras tussen die persblou blare en geel stuifmeelbuisies, waartoe die donker agtergrond bydra, tref mens tussen die oë.

Geel is die helderste kleur in die spektrum en daar bestaan trouens nie ’n donker weergawe daarvan soos met ander kleure nie. Daarom werk dit goed teen ’n donker agtergrond.

Op die kleurwiel (”colour circle”) sit blou reg oorkant geel. In my rubrieke het ek al verduidelik hoe effektief dit is om sulke kontrasterende kleure teenoor mekaar te stel.

In die tweede plek is dit ’n makroblik op die ekosisteem wat mens meestal nie raaksien nie. Stilfoto’s is ’n medium wat goed daarin slaag om hierdie soort besonderhede met ons te deel.

“Oomblik” en “interaksie” is twee van’n hand vol sleutelwoorde vir fotograwe en hier illustreer Anell Carlsson se foto dit.

Nommer drie van Francos Wüst is die enigste foto in die topvier wat nie met ’n makrolens in horisontale formaat geneem is nie. Die gebruik van ’n wyehoeklens plaas onmiddellik die klem op die voorgrond en dit moet daarom deeglik benut word, soos hier. ’n Stadige sluiterspoed skep die idee van beweging en realisme. Dan word die oog deur die foto getrek na die strook sonlig op die berg agter voordat dit uitdoof in dramatiese wolkformasies.

Pieter Strauss se skoenlapper op die blaar is met ’n mik-en-druk-kamera geneem. Fotograwe het ’n obsessie oor toerusting, handelsname en modelle. Die kamera maak nie die foto nie.

- Bron: Die Burger

Johann van Tonder is ’n lektor in fotografie aan die Universiteit Stellenbosch en was verlede jaar ook hoofbeoordelaar in Buite se Natuurmens-fotokompetisie. Kontak hom vir fotowenke by jvtond@media24.com .

Volg ons op Pinterest

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Terug

Sluit venster

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: