Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Droom jy daarvan om die wêreld te sien, maar jou beursie is nie diep genoeg nie? Hou jy daarvan om te skryf en foto's te neem? Stel jy belang in besienswaardighede wat nie alledaags is nie?

Kombineer al drie bogenoemde ... en jy het die perfekte formule vir 'n reisjoernalis.

Dink net daaraan: jy bespreek 'n vakansie, pak jou kamera in, neem foto's en doen onderhoude al langs die roete of by jou vakansieplek en dan, met jou terugkeer by die  huis, verkoop jy al die stories wat jy langs die pad bymekaargemaak het. En voila! jou vakansie het oor en oor vir homself betaal!

As jy dus die ewige reisiger is, maar ook besef dat die lewe nie net uit speel kan bestaan nie omdat daar rekeninge is wat elke maand betaal moet word, is hierdie beslis die kursus vir jou.

Duur: 5 maande 

Modules: 10 modules

Kursusfooi: R4,500

Afbetalingsopsies

R2,250 X 2

R1,500 X 3

R1,125 X 4

R900 X 5

  • Reisjoernalistiek - die beste beroep ooit?

  • Hoe begin jy?

  • Kry antwoorde op die mees algemene vrae oor reisjoernalistiek as vryskutloopbaan

  • Onderskei tussen reisnuus (spesiale aanbiedings, nuwe bestemmings, reispakkette, verwikkelinge in die reisbedryf en ander nuus in die reisbedryf), agtergrond-artikels en menings, indrukke of rubrieke.

  • Perstoere en gidsboeke

  • Reël van vryskutperstoere

  • Toerusting om saam te neem wanneer jy reis

  • Gratis reisvoordele?

  • Die geheim van die "Arendsoog"

  • Vind uit hoe reisjoernaliste 'n eie rubriek kan kry

  • Stel vas hoe jy jou naam op medialyste kan kry

  • Die A - Z van Reisartikels

  • Reisfotografie 101

  • Verkoop jou reisfoto's

  • Reisblogs en -boeke

    Volledige studiepakket

    • O mvattende kursusnotas (270 bladsye)

    • 10 P raktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

    • 2 Navraagbriewe

    • 2 Vollengte persklaar reisartikels wat direk na afloop van die kursus aan ‘n publikasie van die student se keuse voorgelê word

    • Portefeulje met reisfoto's wat dadelik voorgelê kan word

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair   

    Gratis databasis: Reispublikasies

    • S pesiale verslag: Verdien $$$ met jou foto's

    Toelatingsvereistes

    • Goeie skryfvaardighede

    • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

    • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

    Slaagvereistes

    Minstens 65% en EEN persklaar reisartikel


    Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

    Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

    Blitskursusse


    Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


    Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

    Vertel 'n vriend van ons

    Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: