Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees so 'n bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...


Nico van Rensburg: Ek wil jou bedank vir jou hulp met die skepping van DOLLARS EVENTUALIS . Jy sal onthou dat ek ‘n kursus van jou bestel het en ek het my eerste storie vir jou aangestuur het. Jy was seker van jou saak dat daar ‘n behoefte vir sulke regstories bestaan. Jou kommentaar was baie kort en kragtig en het daarop neergekom dat dit nie ‘n kuns is om feite te skryf nie maar die kuns is om stories te skryf wat die mense kan en wil lees. Na die derde probeerslag het jy gesê dat ek kan skryf en nie ‘n kursus nodig het nie. Dit was seker een van die beste komplimente wat ek ooit gekry het. Jy was die direkte oorsaak dat ek my talent om stories te vertel kon ontdek en ontwikkel. Daarvoor sal ek jou altyd dankbaar voor bly. Jy het daarna my stories op ‘n baie professionele wyse geredigeer en ek het die manuskrip ingestuur. Dié beskeie begin het gelei tot my boek DOLLARS EVENTUALIS wat deur Naledi Uitgewers uitgereik is. Nogmaals baie dankie. Manuskripontwikkeling [2015]

Rina Burger: Ek adverteer al vir 'n hele aantal jare via julle webblad/nuusbrief. Ek wil julle graag vandag weer bedank vir die geleentheid om op julle webblad/nuusbrief te adverteer vir my tikwerk wat ek vanaf die huis doen. Mense kontak my gereeld om hulle te help met tikwerk en dit sou nie gebeur het as ek nie van julle gebruik kon maak nie. Sterkte met julle dienste en nogmaals baie dankie.

Emsie Martin: Ek is oorstelp! Albei my proefartikels is deur Vrouekeur aanvaar! Dit was voorwaar 'n baie deeglike - en lekker - kursus om te doen. Baie, baie dankie vir al jou bystand en hulp. Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek [2013]

Madeleine Venter: Baie dankie vir die voorstel om my kortverhaal aan Vrouekeur te stuur. Ek het dit gedoen en my verhaal is aanvaar! Dit gaan egter eers volgende jaar geplaas word, want hulle is vol vir die res van die jaar. Vreeslik dankie vir jou motivering! Ek sal beslis nie nou ophou skryf nie :) ABC van Kortverhale [2013]

Antoinette Munro: Baie dankie vir al jou moeite! Ek het regtig baie geleer en het nou waardevolle selfvertroue om die mark alleen aan te pak! Praktiese kursus in Artikels skryf [2013]

Sandra Smith: Baie, baie dankie; jy is 'n wonderlike inspirasie!!  Ek gaan VIR SEKER meer skryf! ABC van Kortverhale [2013]

Amanda Claassens: Baie dankie vir al jou toewyding met SA Vryskutskrywer . Daar is inderdaad nie nog so iets beskikbaar vir ons aspirantskrywers nie.

Gerhard Oosthuizen: Dis 'n wonderlike kursus om te doen en ek is sooo bly ek het ingeskryf. Ek geniet my gate uit! Alles-in-EEN Joernalistieke kursus [2013]

Sandra Smith: Dit was 'n heerlike blitskursus (Skryf dinamiese dialoog) ! Net sodra ek geld het skryf ek vir 'n volgende een in. Ek het dit regtig geniet! [2012]

Diederi van den Berg: Ek dink ek het 'n goeie idee gehad van wat ek wou doen toe ek begin het. My groot behoefte was om te leer om "reg" te skryf. Ek het so baie geleer uit die storie wat jy onder hande gehad het. ABC van Kortverhale [2013]

Louis Lubbe: Baie dankie vir jou spoedige reaksie om 'n boektemplet aan my te voorsien. Groot waardering vir jou moeite.

Tilla du Preez: Wou net laat weet dat Till-Mari een van die kinders in haar skool is wat gekies is om deel te neem aan die ATKV-redenaars wat op 5 Mei plaasvind. Nogmaals baie dankie vir al jou hulp en geduld met Till-Mari. Toesprake [2013]

Marleen Strauss: Wat 'n wonderlike huiswerkhulp -idee! Ek wil net baie dankie sê vir Leoni vir haar hulp met my seun se klas-mondeling. Deesdae gaan dit maar rof om die rol van moeder voluit te speel. Tussen die werk, die huishouding, kinders grootmaak en SKOOLTAKE word die onmoontlike soms verwag. Daarom was dit vir my van groot hulp toe ek op Leoni se knoppie kon druk om ons te help met 'n Engelse mondeling. Die feit dat sy die mondeling vir ons kon skryf het ons verskriklik baie tyd gespaar sodat ons meer tyd tot ons beskikking gehad het om aan die voorbereiding en aanbieding van die mondeling te spandeer. Die mondeling was van hoogstaande gehalte en kan ek dit vir alle werkende mammas aanbeveel – dit HELP! NS. Dit het baie goed gegaan met die toespraak - hy het die skool se uitdunne gewen en sy toespraak was verreweg die beste. [2012]

Hannetjie Lambrechts: Leoni, baie, baie dankie vir die PRAGTIGE toespraak wat jy vir Hermin geskryf het. Dis presies wat ek in gedagte gehad het! Dis ongelooflik goed geskryf en die inhoud is werklik kreatief. Jy mag maar skryf hoor! Jy is 'n ster! Nogmaals baie dankie vir al jou moeite en geduld. [2012]

Yvonne de Kock: 'n E-pos wat ek nooit ingedink het ék sal ontvang nie - 'n ATKV-Veertjie-nominasie!  En om te dink dit is vir die artikel wat ek met onderskeiding geslaag het vir my SA Vryskutskrywer-sertifikaat! My nominasie-artikel het in die uitgawe van 4 Februarie 2011 in Vrouekeur verskyn as: Net 'n siekte ... Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek + Gevorderde kursus in Tydskrifjoernalistiek [2012]

Rianne van Vuuren: Die  artikel wat  julle  vir  my  taalversorg  het is  toe by Litnet Akademies geplaas. Dankie weer eens vir werklik goeie werk! Proeflees en redigering [2011]

Tilla du Preez: Ek is gaande oor die toespraak en dink dat Till-Mari net so mal daaroor sal wees. Ek sal weer in die toekoms van julle dienste gebruik maak. Baie dankie vir hierdie puik diens. [2011]

Elize Beylew: Ilse, ek wil jou bedank vir die heerlike kursus by jou, ek het dit terdeë geniet. Dit was baie insiggewend, interessant en inspirerend om jou leerstof deur te werk. Jou vinnige terugvoering is baie gewaardeer, dit het my altyd goeie aanduiding gegee of ek op die regte spoor is. Skryf 'n niefiksieboek [2011]

Miemie Vorster: Ons klop met graagte weer by julle aan vir die skryf van 'n toespraak want julle het my verlede jaar gehelp met my seun se redenaarstoespraak - graad 3 - en hy was deur na die finaal! [2012]

Liezel Slabbert: Jy het my skoon in trane van blydskap. My seun (14) het my so baie ondersteun terwyl ek die kursus gedoen het en ek is so bly om hierdie kwalifikasie uiteindelik met hom te kan deel. Mag God jou seën vir jou inspirasie! Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek [2011]

Klik hier vir nog getuigskrifte en kommentaar

Klik hier vir ons ererol

As jy 'n kursus deur ons voltooi of 'n diens by ons gekry het en graag terugvoering daarop wil lewer, kontak ons gerus.


Vertel 'n vriend hiervan:


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig. Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: