Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Ons hou daarvan om goed gratis weg te gee - vandaar dié blad waar jy allerlei kan aflaai wat jou nie 'n sent sal kos nie.

Op dié blad sal jy heel moontlik 'n program of hulpmiddel raakloop wat jou kan help om jou vryskutbesigheid en skryfwerk nóg meer doeltreffend te bedryf.

Of jy is dalk op soek 'n speltoetser, e-boekleser, cv-templaat - enigiets wat jou as vryskutskrywer kan help.

Kom maak gereeld 'n draai op dié blad . Ons probeer aanhoudend bywerkings en verbeterings aanbring om dit so vars moontlik te hou.

(Alle eksterne skakels maak in 'n aparte blad oop)


2023 Grootdruk almanak: Laai gerus 'n 2023-almanak af om jou maand of jaar mee te beplan. Klik hier om af te laai.

Wil jy 'n liefdesverhaal skryf? Maak dan doodseker dat jy al die nodige "bestanddele" in jou storie inwerk sodat dit publiseerbaar is. Laai  Malan Media   se riglyne vir 'n liefdesverhaal hier af.

Geen skrywer kan suksesvol wees sonder skryfdoelwitte nie. Is jy op dreef met jou skryfdoelwitte vir vanjaar? Gaan laai hier 'n skryfdoelwitroostertjie af. Dit kan jou dalk net help om jou eerste storie klaar te skryf.

SARS ritboek - Dis selde dat Jan Taks gaaf genoeg is om 'n ietsie gratis aan belastingbetalers te gee. Hierdie ritboek is werklik die moeite werd om af te laai en te gebruik. Dit maak jou lewe 'n bietjie makliker wanneer belastingseisoen aanbreek. Gaan laai dit gerus hier af.

Afrikaans is baie vindingryk soos in Die Herkoms van Spreekwoorde geïllustreer word. Laai gerus die taalkenner, dr Anton Prinsloo, se artikel hier af wat van Mieliestronk se webblad kom.

GRATIS speltoetser: WSpel het pas weergawe 15.0 geloods en met meer as 526,000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office (Windows en Mac) ter wêreld. Daarby voldoen dit aan die spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009. Dis alles gratis, want WSpel is gratis vir almal onderhewig aan die lisensieooreenkoms. Laai hier af.

Laai nog gratis sagteware af:

Adobe Acrobat Reader

Adobe Digital Editions

Java sagteware

Kindle for PC - die gewildste gratis e-boekleser beskikbaar

Apache OpenOffice - 'n gratis alternatief vir Microsoft Office

Sprokies vir Vroue - Kristel Loots en Chanette Paul, twee van Suid-Afrika se mees gewilde liefdesverhaalskrywers, gesels oor liefdesverhale vir vroue. (Uit Vrouekeur , 11 Junie 2010; soos verskaf deur LAPA Uitgewers ). Laai die artikel hier af.

Telefoonlogtabel - Met die hemelhoë telefoononkostes, is dit wys om 'n log te hou van al jou oproepe om seker te maak jy betaal nie iewers aan iemand iets te veel nie. Kry 'n vereenvoudigde telefoonlogtabel hier .

Om te doen-lysie help jou om jou take en spertye realisties te organiseer en by te hou met alles wat jy daagliks moet doen. Kry joune hier .

Alternatiewe sleutelbord / Diakritiese leestekens - Afrikaans vereis die gebruik van kodes om leestekens op sommige letters aan te bring. Dis egter veral eienaars van skootrekenaars wat spook om leestekens op woorde aan te bring. Probleem opgelos. Gaan laai 'n kopie hier af.

'n Basiese Engelse grammatikahandleiding wat baie nuttig te pas kan kom vir Afrikaanssprekendes wat skielik gereeld in Engels - hul tweede taal - moet skryf - vriendelik verskaf deur Daily Writing Tips . Laai 'n kopie hier af.

Laai gerus die Afrikaanse Taalmonument se inligtingsboekie oor die geskiedenis van hierdie uitsonderlike monument af. Klik hier .

Ter herdenking van Jan van Riebeeck se aankoms aan die Kaap op 6 April 1652, het die FAK ’n pragtige herdenkingsboek oor Jan se storie, wat ook in digitale vorm beskikbaar is, bekendgestel. In hierdie publikasie is daar onder meer idiome, segswyses en woorde uit die skeepvaart. Klik hier om die digitale kopie aanlyn te lees.

As jy een van die miljoene mense is wat rekenaarwagwoorde op 'n flentertjie papier skryf en dit dan onmiddellik verloor, is hierdie wagwoordrekordvorm vir jóú. Hiermee kan jy al jou wagwoorde op een plek hou waar jy dit sommer dadelik weer kan kry. Gaan laai jou kopie dadelik hier af.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: