Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Dienste

SA Vryskutskrywer bied jou 'n plekkie op die 'net waar jy BAIE kortliks jou diens wat tot voordeel van vryskutskrywers kan wees aan die hele wêreld rugbaar kan maak.

Stuur net vir ons die inligting en ons doen die res...

        Tikwerk

Rina Burger doen ENIGE tikwerk waaronder briewe, fakse, verslae, agendas, tesisse, vorms en aanbiedinge. Betalings geskied per werkstuk. Vir meer inligting: bel Rina by 082 853 8215 of stuur e-pos na rina.burger@vodamail.co.za

        Publikasie

Kakkerlak Uitgewers: Uitgewers en handelaars van nuwe boeke en 'n wye reeks tweedehandse boeke, asook 'n nuusbrief wat spesifiek nuwe boeke blootstelling gee. Kontakpersoon: Chrisna van Rensburg , 011 766 4015; 083 234 0245, e-pos: kakkerlak@mweb.co.za . Webblad: www.kakkerlak.co.za .

Selfpublikasie: Thomas Mollett laat weet: Ek is die mede-stigter van Griffel Media (www.griffel.co.za), maar het nou Piquet Publishers begin wat hoofsaaklik fokus om bystand aan selfuitgewers te verleen. Uitgewershuise is werklik sku om nuwe skrywers 'n kans te gee. Die probleem egter met sommige (en wat my betref die meeste) besighede wat selfuitgewers help is dat hulle weinig met die bemarking help. Hulle laat die skrywer maar aan die genade oor - en bemarking is nogal 'n uitdaging - selfs vir gevestigde uitgewers. Ek probeer meer fokus op die aanlynomgewing, maar laat die deur ook oop vir die tradisionele handel. Meer inligting by: www.piquetpublishers.co.za/ .

       Fotografie

Actionphotoz: Fotografie - sport (hoe meer adrenalien ...), produkte, portrette en landskappe. Kontak Kobus Burger , eienaar en fotograaf, by 082 623 6100 of e-pos: actionphotoz@gmail.com . Webblad: http://bit.ly/actionphotoz .

Mike Turner Photography: Benodig jy die dienste van 'n professionele fotograaf? Ek is in Johannesburg en doen alles - van PR tot portretstudies en sport. My portfolio kan by http://www.miketurner.co.za besigtig word.

Allerlei

Student Notes is in 2010 deur 'n ondernemende Pretoriase student begin om mede-studente se studieprobleme op te los. Die webwerf bied duisende studie- en lesingnotas wat deur ander universiteitstudente, professore en onderwysers bygedra is. Baie van dié notas kan gratis afgelaai word, sommiges kan gekoop word en enige student kan sy eie notas teen vergoeding bydra. Navrae: support@studentnotes.co.za , webwerf: www.studentnotes.co.za .

Het jy 'n diens wat jy wil bekendstel? Kontak ons gerus .

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Tuisblad Skryfkursusse Blitskursusse

Sluit venster


Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: