Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

As jy lief is vir skryf en net so lief daarvoor om foto's te neem, lê die opwindende wêreld van fotojoernalistiek oop voor jou.

Min loopbane bevat elemente van soveel uiteenlopende werke en géén loopbaan is so bevredigend nie.

Dink net ... hou jy van skryf? Die joernalistieke gedeelte in fotojoernalistiek is dan vir jou.

Is jy gek daarna om foto's te neem en oorspronklike onderskrifte vir hulle uit te dink? Weer eens kan fotojoernalistiek jou woord- en fotovernuf in 'n hegte eenheid saamsnoer.

Kombineer dus jou belangstelling in fotografie met 'n opleiding in joernalistiek en benut die tegnologie om 'n hele nuwe lewe te ontgin.

En as jy dalk midde-in jou " midlife crisis " is en op soek na avontuur - hier is die regte medisyne ....

Duur: 3 maande 

Modules: 5 modules

Kursusfooi: R1,800

Afbetalingsopsies

R900 X 2

R600 X 3

  • W at is fotojoernalistiek?

    • Ken jou kamera

    • Fotografie 101

    • Sleutelfaktore van fotojoernalistiek

    • Fotowenke wat wérk

    • Vind jou skryfstyl

    • Tipes fotojoernalistiek

    • Kenmerke van foto-essays

    • Gepaste onderskrifte

    • Vind idees vir artikels en foto’s

    • Korrekte komposisie van foto’s

    • Ken jou intellektuele regte

    • Etiese kode, riglyne en plagiaat

    • Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie

    Volledige studiepakket

    • O mvattende kursusnotas (100 bladsye)

    • 5 praktiese skryf- en foto-oefeninge

    • 1 teoretiese aanlyneksamen (jy en jou persoonlike opleier is albei  gelyktydig aanlyn)

    • Hulpdokumente en template

    • 1 volledige foto-essay

    • 1 portefeulje met foto's en onderskrifte

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair  

    Databasis: Tydskrifmarkte

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: