Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

"Harde nuus"-verslaggewing vergemaklik

Jy is die tipe mens wat nie jou dag kan begin sonder om eers die oggendkoerant van hoek tot kant deur te lees nie. Wanneer jy by die werk kom, skakel jy jou rekenaar aan ... nie om jou e-pos af te laai nie, maar om gou na die nuushooftrekke via internet te kyk om agter te kom of daar al iets gebeur het in die tydjie sedert jy by die huis weg is en jou aankoms op kantoor.

Saans, nadat al die huismense al gaan slaap het, sluip jy gou na jou rekenaar toe om net weer te sien wat daar in die wêreld gebeur het voordat jy ook gaan slaap...

Is dit dalk jy?

Indien jy jouself hierbo herken, is hierdie kursus nommerpas vir jou. Deur te leer hoe nuus geskryf en saamgestel word, kan jy dalk binnekort jou passie uitleef... as vryskutnuusskrywer vir jou plaaslike koerant of selfs 'n nasionale dagblad.

Duur: 2 maande 

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R1,500

Afbetalingsopsies

R750 X 2

  • Wat is nuus?

  • Verskil tussen "harde" en "sagte" nuus

  • Is jy gereed vir die wêreld van "harde nuus"?

  • Sleutelfaktore van joernalistiek

  • Hoe werk nuusverslaggewing?

  • Nuusterme

  • Kenmerke van 'n nuusberig

  • Nuuskonferensies

  • Waar kry jy nuus?

  • Hoe om onderhoude te voer

  • Bronne, informante, navorsing en feite

  • Joernalistieke styl

  • Joernalistieke protokol, regskwessies, etiek, ondersoekende berigte

  • Vermy laster

  • Bly veilig

    Volledige studiepakket

      Omvattende studienotas (40 bladsye)

      • 6 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

      2 Vollengte persklaar nuusberigte wat direk na afloop van die kursus aan ‘n publikasie van die student se keuse voorgelê word.

      • Hulpdokumente, template

      • 1 Aanlyneksamen

      • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

      • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

      Databasis: Nasionale koerante

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: