Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Ondersoekende joernalistiek is baie soos om die nuus onder 'n vergrootglas te bekyk - jy soek na enige leidraad wat die gewone nuusstorieskrywer dalk misgekyk het, of ontwikkel 'n idee wat uit 'n nuusstorie voortspruit tot 'n volwaardige nuusartikel.

Onthou jy nog die stories oor Amerika se Watergate van die sewentigerjare? Of ons eie Inligtingskandaal in die vroeë tagtigs? En deesdae die menigte stories oor misdaad, die wapenskandaal, die nasionale beskermer, staatskaping, korrupsie wat oopgevlek word, ens? Dís ondersoekende joernalistiek en dis orals.

As jy dus 'n joernalis of verslaggewer is met 'n brandende begeerte om in 'n volwaardige nuusjagter te ontpop, is hierdie heel moontlik die kursus vir jou. Ons sal jou leer waar en hoe om die inligting te kry, hoe om dit aan te bied en te skryf en ook hoe om jou regte as ondersoekende joernalis te beskerm.

Sien jy jouself as 'n nuusjagter? Skryf dan sommer dadelik in.

Duur: 3 maande 

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R2,000

Afbetalingsopsies

R1,000 X 2

  • Inleiding

  • Hoe verskil ondersoekende joernalistiek van ander tipes?

  • Soek en ontwikkel idees

  • Navorsing

  • Onderhoudvoering vir ondersoekende artikels

  • Noodsaaklike elemente van die ondersoekende artikel

  • Taalgebruik en struktuur

  • Redigeer jou artikel

  • Joernalistieke etiek en erekode

  • Waak teen laster

  • Jou veiligheid in die spervuur

  • Wanneer jy op 'n storie uit is

  • Verenigings, organisasies en ondersteuning

  • Vind jou mark

    Volledige studiepakket

    • Omvattende kursusnotas (80 bladsye)

    • 8 P raktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)   

    • Hulpdokumente, template

    • 1 Vollengte persklaar-artikel wat gereed is om verkoop te word

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

    Gratis databasis: Navorsingsdatabasis

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: