Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Is jy 'n fliekvlooi wat nooit 'n nuwe fliek misloop nie?

Glo jy dat om te gaan fliek veel meer is as net om te sit en springmielies eet?

Kyk jy altyd dieper na 'n fliek as net om die storie te volg?

Is jy boonop bedrewe met woorde en kommentaar?

En hou jy daarvan om jou opinie te gee?

Indien jy “ja” op al bogenoemde vrae geantwoord het, is jy heel moontlik die ideale kandidaat om fliekresensies te skryf. Teen betaling, natuurlik! En verkieslik met 'n gratis fliekkaartjie ook...

Fliekresensies word deur koerante, tydskrifte en vermaaklikheidsblogs opgeraap en lewer kommentaar op die fliek se draaiboek, akteurs se toneelspel en die dieperliggende boodskap. Hulle bied soms ook vergelykings, menings en besprekings van soortgelyke rolprente.

As jy jouself as 'n vryskutfliekresensent kan sien, skryf dan sommer onverwyld in vir ons vinnige, maar omvattende kursus en fliek jou pad oop na skryfsukses.

Duur: 2 maande 

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R1,000

Afbetalingsopsies

R500 X 2

  • Wat doen 'n fliekresensent eintlik?

  • Hoe word jy 'n fliekresensent?

  • Vaardighede benodig

  • Hoe lyk 'n geslaagde fliekresensie?

  • Jóú opinie tel

  • Waarna kyk jy in 'n fliek?

  • Waar en hoe kan jy jou resensies gepubliseer kry?

  • Begin 'n fliekblog

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (30 bladsye)

  • 3 P raktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)  

  • 1 Volledige fliekresensie wat aan 'n publikasie voorgelê kan word

  • Fliekresensietemplaat

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: