Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Het jy ‘n liefde vir lekker kos?

Is jy ‘n smulpaap wat daarvan hou om by verskillende restaurante te gaan eet?

Is jy nie bang om nuwe geregte op die proef te stel nie?

Is jy boonop bedrewe met woorde en ‘n kamera?

En hou jy daarvan om jou opinie te gee?

Indien jy “ja” op al bogenoemde vrae geantwoord het, is jy heel moontlik die ideale kandidaat om resensies oor kos en restaurante te skryf. Teen betaling, natuurlik!

Koskritici sal resensies skryf vir koerante, tydskrifte, reisgidse en voedselverwante webwerwe en lewer kommentaar op die restaurant se diens, aanbieding en atmosfeer. Hulle bied soms ook vergelykings, menings en besprekings van soortgelyke skottelgoed by ander inrigtings.

Kos- en restaurantresensies is 'n uitstekende loopbaan vir diegene wat passievol is oor kookkuns en skryfwerk. Klink dit soos die loopbaan vir jou?

Skryf dan onverwyld in vir ons vinnige, maar omvattende kursus en eet jou pad oop na sukses.

Duur: 2 maande 

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R1,200

Afbetalingsopsies

R600 X 2

  • Kosskrywer vs kosresensent

  • Hoe word jy 'n kosresensent?

  • Vaardighede benodig

  • Hoe lyk 'n geslaagde kosresensie?

  • Resensies ontleed

  • Jou skryfgerei

  • Hoe beskryf jy kos?

  • Begin 'n kosblog

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (35 bladsye)

  • 3 P raktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)  

  • 1 Volledige kosresensie wat aan 'n publikasie voorgelê kan word

  • Hulpdokumente en templaat

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

Woordeboek : Kookterme

Woordeboek: Tweetalige koswoordeboek

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: