Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Dié 3-in-1 joernalistieke kursus is nommerpas vir diegene wat onmiddellik na suksesvolle afhandeling daarvan 'n loopbaan in joernalistiek wil volg - verkieslik vryskut.

Wat jy in hierdie kursus sal leer sal jou toerus vir die moeilike, maar lonende wêreld van vryskutjoernalistiek. Ons leer jou feitlik ALLES - 'n deeglike beginnerskursus in koerantjoernalistiek, gevolg deur 'n omvattende basiese kursus in tydskrifjoernalistiek, en afgerond met een van die spesialiteitskursusse hieronder gelys (met ander woorde: ons bied jou 3 kursusse in 1).

Kortliks kom dit daarop neer dat jy - met die kennis, oefening en vernuf wat jy deur dié kursus sal opdoen - in staat behoort te wees om ná voltooiing daarvan dadelik jou eie vryskutbesigheid te kan begin.

So as jy droom van 'n besigheid waar jy jou eie baas kan wees en jou eie reëls kan maak en as jy op spertye floreer ... skryf in! Maar wees gewaarsku: hierdie is 'n intensiewe adrenaliengedrewe kursus met baie kort spertye.

Duur: 7 maande 

Modules: minstens 20 modules*

Kursusfooi: R6,500

Afbetalingsopsies

R3,250

X 2

R2,166

X 3

R1,625

X 4

R1,300

X 5

R1,083

X 6

R930

X 7

* Afhangende van die spesialiskursus wat gekies word

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: