Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Onthou jy hoe heerlik dit as kind was om met jou gunsteling boek op jou bed op te krul en jouself algeheel in die storie te verloor? Om die hele wêreld se sorge buite jou kamerdeur agter te laat terwyl jy bladsy na bladsy weggevoer word op ‘n verbeeldingsvlug?

Wel, deur middel van ons kinderboekskryfkursus kan jy daardie heerlike, sorgvrye dae nou weer herleef! Ja, regtig! Ons skryf nie net stories vir kinders om hulle die lesse te help leer wat ons geleer het, of om vir hulle bronne van vreugde en inspirasie te skep nie. Nee, ons skryf ook stories om weer vir ‘n rukkie daardie sluimerende kind wat in die matriekjaar agtergelaat is, te herontdek en te geniet.

Ons help jou stap-vir-stap met die skryf van jou kinderboek – van waar en hoe om ‘n idee te kry en te ontgin, totdat jy ‘n voltooide boekmanuskrip in die kinderboekgenre van jou keuse in jou hande kan vashou wat gereed is om aan ‘n uitgewer voorgelê te word.

Hierdie kursus is dus ideaal vir jou indien jy daarvan hou om stories te vertel... en baie stories het om te vertel!

So waarvoor wag jy? Skryf sommer vandag nog in!

Duur: 5 - 10 maande 

Modules: 8 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

2,500

X 2

R1,667

X 3

R1,250

X 4

R1,000

X 5

R835

X 6

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: