Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Hier's dit! Die poësiekursus waarvan jy jou hele lewe lank al droom... VOLLEDIGE POëSIE .

Alles, maar álles wat jou moontlik kan help om die beste gedigte ooit te skryf, word in hierdie kursus vervat. En die beste raad denkbaar om jou te help om gepubliseer te word, is ook tussen hierdie blaaie te kry.

Maar wag, jy wonder seker wat die kursus behels? Kyk bietjie wat jy kan verwag:

  • hoe om in bykans enige digvorm te kan skryf;

  • al die geheime van rym;

  • bekende en minder bekende poësietegnieke;

  • stap-vir-stap leiding om 'n sinvolle gedig te skryf;

  • publikasie van gedigte en bundels;

  • hoe om 'n gedig in 'n liedjie te omskep; en

  • hoe om emosionele poësie te skryf.

Wat hierbo genoem is, is net die ore van die seekoei van alles wat ons in hierdie omvattende kursus dek. Die kursus kan kortliks beskryf word as dié mees deeglike digkursus ooit, die kursus wat jou in staat sal stel om jou digkuns te ontgin, ontwikkel en tot ongekende hoogtes te voer. En 'n gepubliseerde digbundel met jóú naam op die rugkant, op jou boekrak tot gevolg te hê!

Ons leer jou álles... hoe om gedigte vir kompetisies te skryf, hoe en waar om jou inspirasie te vind, hoe om gedigte te ontleed en te verstaan, maklike maniere om gedigte te skep, en nog vele, vele meer.

Hoe klink dit? Sien jy kans? Skryf dan sommer vandag nog in en begin aan jou eie digbundel werk. Die sluimerende digter in jou verdien hierdie kans!

Duur: 8-10 maande 

Modules: 20 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

R2,500 X 2

R1,667 X 3

R1,250 X 4

R1,000 X 5

R835 X 6

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: