Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Die ABC van Kortverhale

In die vlees sit jy voor jou rekenaar by die werk, maar jou gedagtes bly by 'n menigte karakters wat deur jou brein flits - soos die man op die skuit.

Wat is sy probleem? Waarom kan hy nie tot rus kom nie? Steek hy dalk 'n geheim weg? En wat het van sy vrou en kinders geword?

Of wat van die man en vrou wat nie kan besluit of hulle vir mekaar bedoel is of nie?

Almal karakters in jou verbeelding, maar almal soos vriende wat jy aan die wêreld moet bekendstel.

As jy jouself hierin herken en weet dat jy minstens één kortverhaal moet skryf om al die mense in jou gedagtes 'n stem te gee, is hierdie die kursus vir jou. Dis vinnig, deeglik en voordat jy weet wat jou getref het, het jy die man op die skuit veilig die hawe ingelei ... en sommer 'n paar ander karakters ook van onbekendheid gered.

Duur: 5 maande 

Modules: 5 modules

Kursusfooi: R3,500

Afbetalingsopsies

R1,750 X 2

R1,167 X 3

R875 X 4

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: