Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

'n Novelle is amper iets soos ‘n “kort boek” en bevat normaalweg minder intrige as ? roman, maar meer ingewikkelde intriges as ? kortverhaal. Die intriges kry ook meer tyd om te ontwikkel as wat die geval met ‘n kortverhaal is.

Met ander woorde, jy skryf ‘n kortverhaal, maar nie. Jy skryf ‘n roman, maar nie... En as jy minder as 20,000 woorde gebruik, het jy ‘n kortverhaal geskryf. Maar... as jy meer as 40,000 woorde skryf, is jy ‘n romanskrywer!

Geïnteresseerd? Gefassineerd? Nuuskierig? Met ‘n storie in jou kop?

Dan is jy die ideale kandidaat vir ons novelle-skryfkursus, want jy het heel moontlik ‘n héérlike storie om te vertel.

Waag dus die kans, skryf in en laat ons jou storie aan die hele wêreld vertel.

Duur: 3 maande 

Modules: 3 modules

Kursusfooi: R3,500

Afbetalingsopsies

R1,750 X 2

R1,167 X 3

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: