Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

So jy wil ‘n roman skryf? Dis ‘n puik idee, maar... om ‘n skrywer te word, kan jou lewe verander - om nie eens te praat van die vermoë wat dit aan jou gaan verleen om duisende, mense se lewens te raak nie!

Maar om 'n boek te skryf is nie maklik nie, want dis aansienlik makliker om op te hou as om klaar te maak. Dis ‘n gegewe dat, terwyl jy aan jou boek werk, jy in die versoeking sal kom op te hou met skryf want jy gaan heel moontlik oorweldig voel deur die omvang van die taak. Dis algemeen, want laat ons nou maar eerlik wees: om sowat 100 000 woorde uit te dink en in die korrekte volgorde neer te skryf sodat dit ‘n leesbare storie vorm, lyk en klink vir enigiemand onmoontlik!

As jy egter leiding ontvang om presies te weet hoe en waar om te begin, wat elke stap van romanskryf behels, hoe om vrees, uitstel en skrywersblok te oorwin, kán jy daardie roman wat al soveel jare óf in jou kop, óf in ‘n versteekte lêer iewers op jou rekenaar gebêre is, uiteindelik in boekvorm te beleef.

Die sleutel tot sukses is eintlik só eenvoudig: volg net ‘n eenvoudige stap-vir-stap plan, byt vas deur die moeilike tye, en binne sowat tien maande hou jy jou boekbaba in jou hand vas.Dit klink goed, nè? Skryf dan sommer vandag nog in en laat ons jou help om jou romanskryfdroom te verwesenlik. Met ons stap-vir-stap riglyne, hulpdokumente en bystand, kán jy nog vanjaar jou boek klaarskryf.

Duur: 5-10 maande 

Modules: 8 modules

Kursusfooi: R5,000

Afbetalingsopsies

R2,500 X 2

1,667 X 3

R1,250 X 4

R1,000 X 5

R835 X 6

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: