Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Hierdie kursus is nommerpas vir jou as jy ... 

  • nie seker is in watter genre jy die lekkerste of graagste wil skryf nie; of

  • oortuig is daarvan dat jy 'n skrywer wil wees, maar die regte leiding benodig; of sommer net vir die lekker jou kreatiewe sy wil koester, oefen of ontwikkel om die beste skrywer in jou klas te word.

Dié kursus is volgepak met lekkerte. Hoewel ons jou steeds die fynere kunsies in elke genre wys, lê die klem beslis daarop om jou skryfvermoë te slyp met BAIE praktiese skryfoefeninge. En om jou boonop die skryfproses te laat geniet! Hierdie is dus 'n kursus waarin jy van begin tot einde JOU stories sal skryf.

Kyk dus na onderstaande inligting en besluit waarvoor jy lus is of kans sien. Maar laat ons net aan die gang kom met jou skryfwerk!

Duur: 3 maande 

Modules: 3 modules

Kursusfooi: R1,500

Afbetalingsopsies

R750 X 2

R500 X 3

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: