Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Het jy al ooit gewonder...

Jy het jou kortverhaal klaar geskryf en voel nogal redelik gelukkig met die uitkoms. Maar... terwyl jy later aan jou storie dink, wonder jy hoe die storie sou verloop het as:

  • jou hoofkarakter haar verloofde by die altaar gelos het;

  • jou hoofkarakter se eggenoot ‘n ander tipe persoonlikheid of dalk ‘n terminale siekte gehad het;

  • jou hoofkarakter die vliegtuig verpas het; of

  • jou hoofkarakter sommer net besluit het om sy of haar lewe drasties te verander?

En wat daarvan as jou storie ‘n ander middel en einde het as gevolg van die keuses wat jy in jou skryf daarvan gemaak het?

Die moontlikhede vir ‘n kortverhaal met ‘n vreeslike kinkel is waarskynlik eindeloos, so as jy een wil skryf wat beslis sal uitstaan – en definitief gepubliseer sal word –  is hierdie korterige, maar heerlike kursus net die ding!

Duur: 1 maand

Modules: 1 module

Kursusfooi: R1,000

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: