Welkom by SA Vryskutskrywer - Professionele Dienste

Uiteraard beslaan mondelinge kommunikasie die grootste gedeelte van jou gewone dag. As jy immers nie waffers kan kommunikeer nie gaan jy beslis sukkel om jou boodskap oorgedra te kry - en die oorgrote meerderheid mense is goed toegerus om die daaglikse mondelinge kommunikasie baas te raak.

Maar soms is daar geleenthede waar jy dalk 'n bietjie hulp benodig, soos wanneer jy 'n formele - of selfs informele - toespraak moet lewer. Net die gedagte daaraan om voor 'n groep mense te staan en 'n praatjie te lewer is gewoonlik genoeg om die meeste sprekers in 'n koue angssweet te laat uitslaan. En des te meer as jy nie regtig weet hoe om jou toespraak voor te berei nie.

Hierdie blad is jou noodknoppie om in sulke tye te druk. SA Vryskutskrywer se groeiende span toespraakskrywers staan reg om 'n nommerpas-toespraak volgens jóú spesif ikasies, behoeftes en vereistes te skryf. Jy verskaf die tema of onderwerp, die verlangde tyd sduur, tipe toespraak - en ons doen die res. Al wat dan oorbly is dat jy die toespraak moet baasraak.

Watter toesprake kan deur SA Vryskutskrywer verska f wor d?

Generiese toesprake: Hierdie toesprake is gewoonlik taamlik generies en kan deur die spreker aangepas word soos wat hy/sy goed dink.

Strooijonker- en bruidegom-toesprake: Ons verskaf die basis vir 'n strooijonker-toespraak en die spreker kan byvoeg of weglaat soos wat hy wil.

Redenaars- en debatstoesprake: Elke skooljaar bring nuwe uitdagings en een van dié uitdagings wat sommer vroeg in 'n nuwe skooljaar reeds 'n aanvang neem, is redenaarstoesprake. Vanaf Januarie skarrel ouers én kinders gewoonlik rond om 'n 4-minute lange toespraak voor te berei wat die beoordeelaars sal beïndruk. In SA Vryskutskrywer se bestaan het ons al 'n goeie reputasie op dié gebied opgebou en verskeie ouers het laat weet dat hul kinders pryse met ons toesprake gewen het. Ons kan dus vir jou kind net daardie ekstra titseltjie meer selfvertroue op die podium gee.

Grade R, 1-3

Grade 4-8

Grade 9-12

 Groepsdebattoesprake (alle grade, maksimum 4 deelnemers)
Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: