Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.


NUUSBRIEFARGIEWE

  • Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
  • Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?

  • Wat ook al die rede waarom jy op dié blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige berig.   

Lekker lees!

https://campaign-image.com/zohocampaigns/133052000002479558_zc_v25_last.png

      Nuusbrief

Januarie/Februarie 2023


INHOUD

VAN MY REKENAAR:

» Voorspoed vir 2023

MEDEWERKERS :

» Nuuspod

» SA Vryskutskrywer SKRYFKLUB 

» SA Skrywers

» SA Kinderboekskrywers

» Cordis Trust

» Kierang Geselspoppe

ONS PRAAT VRYSKUTWERK:

» Nuwe Afrikaanse speler op die blok -

 KIERANG GESELSPOPPE

» Resep vir suksesvolle vryskutwerk

» I NK Dig- en Skryfkompetisie 2023

» Oorleef só beurtkrag in jou

tuiskantoor

ALLERLEI:

»  Mentorskap

» Wat's nuut?

»  Bedryfsnuus

VRYSKUTNETWERK:

»  Ontmoet ons lede

»  Wil jy aansluit?

OP ONS WEBBLAD:

»  Skryfkursusse

»  Getuigskrifte

»  Databasisse

»  Professionele dienste

»  Kuberwinkel

»  Kompetisies

»  Hulpbronne

»  Vir  skrywers

»  Werksgeleenthede



Die doelwit van hierdie  virtuele skryfklub  is om vir  jou  'n platform te verskaf waar jy jou stories, gedigte of enige ander skryfsels kan plaas sodat ander mense dit kan lees en selfs terugvoering kan gee. So sluit onverwyld aan!

SLUIT AAN

Cordis Trust  is in 2000 opgerig en befonds deur dr Fanie Marais as 'n gedenktrust vir Mardene Marais (28/08/1968 - 18/10/1989). Die doelwitte van Cordis Trust ( Uit die hart ) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop).

TUISBLAD


SA Skrywers  is geskep vir skrywers wat graag skryf en aan  uitdagings wil deelneem om sodoende die kans te staan dat hul stories in 'n bundel opgeneem word. Hierdie bundels word elke ses maande saamgestel en skrywers word vanselfsprekend aangemoedig om (1) deel te neem, en (2) die bundels aan te skaf.

SLUIT AAN


SA Kinderboekskrywers  is geskep vir kinderboekskrywers wat deelneem aan skryfuitdagings om opgeneem te word in 'n bundel wat elke ses maande met die beste kinderverhale saamgestel word. S krywers word vanselfsprekend aangemoedig om (1) deel te neem, en (2) die bundels aan te skaf.

SLUIT AAN

Nuuspod  publiseer video-onderhoude en artikels op YouTube.com  om nuus en aktualiteit hoofsaaklik in Afrikaans beskikbaar te stel deur veral te fokus op die storie agter die nuus, hoewel van die materiaal soms in Engels verskaf sal word. Hoewel politiek en misdaad die brandendste kwessies in Suid-Afrika is, gee Nuuspod ewe veel aandag aan ander sake soos die wetenskap, gesondheid, finansies, goeie nuus, ensovoorts.

TUISBLAD


2022 SKRYWERSALMANAK
Het jy al ons unieke 2022 Skrywersalmanak afgelaai?

MENTORSKAP: Twee koppe is beter as een

Of jy nou jou eerste boek skryf of onseker is van ‘n bloginskrywing, ‘n novelle, artikel of enige ander skryfstuk, kan 'n mentor jou help om jou skryfproduk suksesvol aan te pak én af te handel. Hoewel nie elke skrywer 'n mentor nodig het of wil hê nie, kan enige skrywer daarby baat om saam met 'n mentor te werk; dit geld veral vryskutskrywers wat dikwels alleen werk en dalk iemand benodig vir aanmoediging, raad, ondersteuning, doelwitbepaling en, belangrikste van alles – motivering.  As jy nie oortuig is dat jy 'n skryfmentor nodig het nie, kyk bietjie na die voordele daaraan verbonde om saam met een te werk.

Klik hier vir meer inligting.

Van my rekenaar...

En so het 2022 ook met 'n spoed sy einde bereik en 2023 het ons met 'n slag getref. Ek weet nie van jou nie, maar eerstens was verlede jaar (hoe lekker val dit nie op die oor nie!) nie die beste jaar vir my nie en tweedens het ek nie al my doelwitte bereik wat ek beplan het nie.

    Maar nou ja, tyd wag vir niemand nie, so hier's ons al in die tweede maand van hierdie spiksplinternuwe jaar met heelwat moontlikhede en - net om jou voete deeglik gegrond te hou - nuwe én ou probleme! 

En hoewel die jaar al volstoom aan die gang is, wil ons julle steeds in hierdie eerste nuusbrief van 2023 ’n voorspoedige en produktiewe jaar toewens.  

    Alle voorspoed en geluk vir 2023.

/campaigns/org752279864/sitesapi/files/images/752281576/Leoni_naam_klein.jpg

Daar's 'n nuwe Afrikaanse speler op die blok -

KIERANG GESELSPOPPE

Kierang Geselspoppe  is ‘n gesellige groep Afrikaanse geselspoppe wat besluit het om hul eie baas te wees en onder leiding van die hoofpop, Kierang - ja, die een met ‘n neus vir ‘n fees! - op hul eie te gaan om pret, plesier en sommer net feestelikheid in Afrikaans te versprei.

Maar wag, laat Kierang sommer liewer self vertel: "Ons het natuurlik so hier en daar ook ‘n paar mense ingetrek om die administrasie en harde werk te doen, soos e-posse te beantwoord en telefone te beman, die motor te bestuur en vertoningstoerusting op en af te laai en af te stof … want ons is mos poppe … en te belangrik om ons met sulke alledaagse moeite op te hou. 

"Ons gereelde motorbestuurder en menslike regterhand is Klaas Lakei, wat nogal toegelaat word om tydens ons optredes gesien te word … en sy verskillende stemme te gebruik … want onthou, ons is mos poppe. Maar noem hom sommer net Klaas, anders dink hy nou-nou hy is onmisbaar vir ons. En waar kom Klaas aan sy naam? Eenvoudig - ons het hom mooi laat verstaan wie is BAAS en wie is KLAAS in hierdie poppe-geselskap!

"Kom maak gerus 'n draai by ons webblad en ontmoet ons hoofbestuur wat my, Tant Toeka en Dok Doepa insluit. Daar's iets vir almal van elke ouderdom en funksie. Maar beste van alles - ons maak van alles 'n FEES!"

Webblad                E-posadres


  Resep vir suksesvolle vryskutwerk

Op enige gegewe oomblik is daar meer as ‘n 100 miljoen mense dwarsdeur die wêreld wat vryskut werk. En as jy hierdie nuusbrief lees, is jy ook een van hulle. Maar om ‘n sukses as vryskut te kan maak, verg nogal heelwat omdat jy nie meer ‘n baas of maatskappy het om aan verantwoording te doen nie. Jy het net jouself en glo my, jy is jou heel ergste nagmerrie as ‘n baas!

'n Suksesvolle vryskut hou nooit op leer nie. En ek dink die definisie van sukses bly 'n kwessie van perspektief, so ek deel graag van die wenke wat ek deur die 30 jaar wat ek al vryskut werk, langs die pad opgetel het. Vryskut is dalk een van die beste besluite wat ek ooit geneem het, hoewel dit oorspronklik deur nood gebore is. Maar ek hou van die buigsaamheid, onafhanklikheid en beheer wat ek het oor die moeite wat ek doen en die uitkoms van al daardie moeite. Maar voordat jy dink dit klink dalk nes die Paradys – daar is heelwat landmyne en hindernisse in jou pad. En wanneer jy vir jouself werk, dra jy die las van enige slegte besluit of fout – daar’s niemand anders om die skuld voor te gee nie. So, hier is net 'n paar dinge wat ek eerstehands geleer het:

Lees die volledige artikel op ons webblad.

/campaigns/org752279864/sitesapi/files/images/752281576/Screenshot_2023_02_23_153115.jpg

Meer inligting op ons kompetisieblad.

Oorleef beurtkrag in jou tuiskantoor

/campaigns/org752279864/sitesapi/files/images/752281576/ls.jpeg Nou ja, daar het toe gebeur… Fase 8-beurtkrag loer om die hoek en menige vryskutskrywer en tuiskantoorwerker voel asof die mat onder hul voete uitgeruk is. 

     Anders as met ‘n groot maatskappy waar jy (1) ‘n maandelikse salaris kry en jou dus nie veel daaraan steur as die krag vir 5 ure of langer gedurende werksure af is nie, of (2) waar jou maatskappy die luukse van ‘n reuse kragopwekker het wat inskop net sodra Eskom se krag uitskop, is die eenpersoonbesigheid verskriklik afhanklik van elektrisiteit om die tuiskantoortjie aan die gang te hou.

     Sonder krag in ‘n tuiskantoor staan álles stil – skootrekenaarbatterye hou ook net ‘n paar ure en met die gevaarligte wat flikker oor Fase 8 en selfs hoër. Fase 8-beurtkrag beteken ons sal daagliks tot 14 uur sonder krag wees. En fase 10-beurtkrag kan beteken dat Suid-Afrikaners daagliks tot 16 uur sonder krag kan wees. Waar pas jou besigheid dan in?

Lees die res van die artikel op ons blog .

Ons het 'n aantal DATABASISSE ontwikkel om jou in staat te stel om:

? jou werk maklik te verkoop of gepubliseer te kry; en

? jou selfvertroue 'n hupstoot te gee omdat jy presies weet wat van jou verlang word sover dit jou skryfwerk aangaan, asook watter verskillende opsies beskikbaar is.

Kyk gerus by ons kuberwinkel na die verskillende soorte databasisse wat ons beskikbaar het. Daar is een vir elke aspek van jou skryfwerk. KLIK HIER.

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: