Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutnetwerk

  Soek jy bykomende werk en/of kliënte?

Wil jy nie opgeskeep wees met die rompslomp van kontrakte en ooreenkomste nie?

Het jy 'n plekkie op die 'net nodig waar jy jouself sigbaar kan maak sonder om die bykomende koste van 'n webblad te dra?

Ons het die antwoord... word deel van ons vryskutnetwerk.

Vryskutskrywers het nie die luukse van 'n groot mediamaatskappy se geld beskikbaar nie. As gevolg van dié feit is vryskutskrywers 'n taamlik eensame spesie wat met alles self die mas moet probeer opkom. Vryskutskrywers het gewoonlik sommer 'n hele spul balle in die lug en soms, net soms, verander van daardie balle in eiers wat op jou kop kan val! Om dít te verhoed het ons 'n netwerk bedink wat jou kan help om al die balle in die lug te hou en terselfdertyd sommer 'n paar nuwes by te kry - as jy kans sien ...

SA Vryskutskrywer se Vryskutnetwerk is 'n poging om Afrikaanse vryskutskrywers 'n vasstrapplek in die bedryf te gee.

Klik op die toepaslike skakel vir meer inligting of om aan te sluit.


| Sluit aan |   Databasis    | SLEGS LEDE
Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: