Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutnetwerk

Meer oor SA Vryskutnetwerk


In 'n neutedop kom ons vryskutnetwerk daarop neer dat ons jou hierdeur probeer jou help om jou inkomste te verhoog deur aan jou 'n eie staanplekkie op ons werf te verskaf, saam met jou persoonlike kontakbesonderhede en 'n volledige professionele profiel. Nog iets wat ons doen is om jou waar moontlik via jou profielblad te bemark net waar ons kan, enige werk wat moontlik uitgedeel kan word aan lede aan te bied en te help met administrasie en regskwessies en kontrakte of wat jy ook al benodig. O ja, en ons gee jou ook onbeperkte toegang tot ons premium-blad.

Hoe klink dit vir jou?

Maar voordat jy armoede bepleit en besluit om summier verby te hou, kyk darem eers net weer wat ons bied. En onthou ook dat daar geen verpligting op jou rus nie. Jy kan enige tyd jou inskrywing kanselleer.

Lidmaatskap-bepalings

  • Lidmaatskap beloop slegs R35 per maand of R385 vir 12 maande (1 maand gratis).

  • Geen agentskapsfooi is aan SA Vryskutskrywer betaalbaar nie.

  • Enige werk wat deur SA Vryskutskrywer aan 'n netwerklid verskaf word, geskied op 'n 70/30-basis waar die 70% aan die lid betaalbaar sal wees - geen belasting afgetrek.

  • Skrywers ontvang elkeen 'n eie profielblad met persoonlike kontakbesonderhede.

  • 'n Drukbare lidmaatskapskaart en visitekaartjie .

  • Kontak met skrywers deur voornemende werkverskaffers word direk met skrywers gedoen en dus nie deur SA Vryskutskrywer gereël nie.

  • Onbeperkte aantal spesialiteitsvelde en 'n volledige CV kan vertoon word.

  • Gratis toegang tot premium -inhoud.

  • Blootstelling in die nuusbrief .

  • Gereelde blootstelling op Facebook-netwerkblad , asook eie toegang tot die blad om self reklame te maak.

Waarom moet ek inskryf?

Jy het 'n beter kans om meer kliënte en werk te werf as 'n netwerk-vryskutlid omdat jy 'n eie profielblad met jou persoonlike kontakbesonderhede kry. Jy betaal ook geen agentskapsfooie nie en kry onbeperkte toegang tot ons premium-inhoud. Verder kan jy jou spesialiteitsvelde byvoeg soos wat jy wil. Ons help jou ook om werk te kry omdat ons ons lede  se profielblaaie wyd probeer bemark. En daar is altyd hulp naby met enige administratiewe sleurwerk.

Kan ek my lidmaatskap kanselleer?

Ja. Jy kan enige tyd jou lidmaatskap kanselleer sonder enige bykomende onkostes.

Algemene netwerkreëls

  • Skrywers kan in die netwerk opgeneem word deur 'n kort, maar redelik volledige CV met 'n onlangse kop-en-skouersfoto saam met hul inskrywing in te stuur.

  • Skrywers word onmiddellik ná aanvaarding van 'n algemene aanlynooreenkoms met SA Vryskutskrywer in die netwerk opgeneem. In die geval van premiumlede word die skrywer se persoonlike profielblad binne vier dae na ontvangs van subskripsie op die internet gelaai.

  • Netwerkers moet beskikbaar wees om soms op kort kennisgewing opdragte te aanvaar en bevredigend uit te voer.

  • Netwerkers móét voltydse vryskutwerkers wees ; met ander woorde, jou vryskutwerk kan nie jou tweede inkomste wees terwyl jy 'n permanente werk het waar jy 'n maandelikse salaris verdien nie. Dit sal onregverdig wees teenoor al die voltydse vryskutskrywers wat sukkel om 'n leefbare inkomste te verdien.

  • SA Vryskutskrywer is nie verantwoordelik vir enige belastingaftrekking wat 'n werkgewer by die bron mag aftrek nie. Enige belastinggelde bly die netwerkskrywer se eie verantwoordelikheid.

  • Volledige bepalings en voorwaardes kan hier gelees word.

Wie kan by SA Vryskutskrywer se Vryskutnetwerk baat vind?

Professionele vryskutskrywers in enige genre, waaronder joernaliste, kreatiewe skrywers, webskrywers, niefiksieskrywers, digters, draaiboekskrywers, spookskrywers, kopieskrywers, toespraakskrywers, ens.

Vertalers

Redakteurs

Redigeerders

Proeflesers

Korporatiewe skrywers

Fotojoernaliste


| Sluit aan |   Databasis    | SLEGS LEDE
Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: