Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapkis

Moet jy dikwels in Engels skryf? Sukkel jy om is en are reg aan te wend? Pootjie Engels se kompleksiteit en tenses jou gereeld? Toemaar, ons voel jou pyn. Met 'n taal wat 1,025,109.8 woorde bevat (volgens die Global Language Monitor ) is dit bykans onmoontlik om nie soms met so een of twee van hulle te sukkel nie.

D is waarom Gooi die Rooitaal die antwoord is.

Ja, ja, ons weet SA Vryskutskrywer is 'n 100% Afrikaanse webblad, maar omdat Engels wêreldwyd die taal is waarin al 257 lande - van Afghanistan tot Zimbabwe - sake  in kan doen, het ons besluit om 'n klein gedeelte van ons blad aan die Queen's English af te staan om jou Ingelse skryfwerk tot perfeksie te slyp.

Hier sal jy antwoorde kry op algemene kwelvrae wat veroorsaak dat jóú Engelse verslag minder vlot as Mister Jones s'n lees. Ons maak dit ook vir jou makliker om te onthou dat their en there en lose en loose se betekenisse oseane ver van mekaar verwyder is.

Indien jy enige spesifieke vrae of voorstelle het, kan jy 'n e-pos stuur en ons probeer jou so gou moontlik help.

Intussen kan jy solank hier rondkrap om te sien of ons dalk iewers jou geroeste Engelse taalspyker op sy kop geslaan het.


? Everyday vs. Every Day: How to Choose the Right Word

? The 201 Most Commonly Misspelled Words in English

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: