Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapkis

'n Ambagsman sal nooit eens daarvan droom om werk toe te gaan sonder dat sy gereedskapkis met al die nodige toerusting gepak is nie. Net so met skrywers.

Skryf is buitendien ook maar eintlik 'n ambag en alle skrywers - maar veral vryskutskrywers - het dikwels noodsaaklike toerusting nodig om hulle werk gemaklik en deeglik te kan doen.

In ons gereedskapkis is daar dus handige toerusting vir enigiemand wat vryskut skryf.


Taalghoeroe

Het jy enige taalvrae of -tameletjies wat jy wil opper? Kry hulp by ons "inwonende" taalkenner.

Moet jy dikwels in Engels skryf? Sukkel jy om is en are reg aan te wend? Pootjie Engels se kompleksiteit en tenses jou gereeld? Toemaar, ons voel jou pyn. Dis waarom Gooi die Rooitaal die antwoord is.

Skrywersalmanak

Die SA Vryskutskrywer Skrywersalmanak word as 'n GRATIS geskenk aan elke nuusbriefintekenaar verskaf.

Ideesbank

Hier by SA Vryskutskrywer gee ons eintlik méér dinge gratis, verniet en mahala weg as wat ons verkoop en ons skatkis van idees - die Ideesbank - is een van dié gratis plekke op ons webwerf waar jy storie-idees kan aflaai - sonder om 'n sent daarvoor te betaal.

Werksgeleenthede

Ons deursoek gereeld die internet kruis en dwars na enige werksgeleenthede vir vryskutskrywers. Soms is daar verskeie geleenthede - ander kere niks. Soms is dit permanente werkkontrakte, soms vryskut of andersins kontrakwerk. Maar wat ook al die tipe skryfwerk beskikbaar - ons probeer soveel moontlik geleenthede vind om hier te  plaas.

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: