Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

As werkende proefleser is dit vir jou belangrik om op hoogte van die nuutste taaltendense te bly.

En ook om bykomende oefening te kry om hierdie tendense prakties te kan toepas.

Ons Opknappingsproefleeskursus is spesifiek vir jóú saamgestel. Eerstens verskaf ons 'n bietjie teorie om jou grammatikale vermoëns op te knap, en tweedens kry jy drie spesialistekste om te proeflees. Hierdie drie tekste is só gekies dat dit jou sommer in staat sal stel om selfs 'n dokter se voorskrif - wat gewoonlik onleesbaar geskryf is - te kan proeflees!

Maar onthou... proeflesers is die laaste skakel in die redigeringsproses wat beteken daar is nie ruimte vir foute nie. Die proefleser se bydrae is die laaste - dit moet PERFEK gedoen word. En om seker te maak ons stuur werklik gekwalifiseerde proeflesers in die bedryf, is hierdie kursus se slaagsyfer minstens 95%. Hou dus in gedagte dat jy vir elke werkstuk soveel moet behaal om die kursus te kan slaag.

Hoe lyk dit? Sien jy kans vir hierdie uitdaging?

Duur: 4 weke 

Modules: 1 module

Kursusfooi: R850

  • Waarvoor om te kyk wanneer jy proeflees

  • Konsekwente punktuasie

  • Styl - syfers, afkortings, werkwoorde, voornaamwoorde, ens.

  • Grammatikale wenke

  • Onfeilbare bronne

  • Die beste proefleeswenke ooit

    Volledige studiepakket

      Omvattende studienotas (20 bladsye)

      • 2 Praktiese proefleesoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

      • Proefleeskontrolelys

      • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus en mits 'n minimum van 95% verwerf word

      • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair  

      12 Maande premium-lidmaatskap van Vryskutnetwerk indien 95%-slaagsyfer behaal word 

    Create a Mobile Site
    View Site in Mobile | Classic
    Share by: