Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutnetwerk

SA Vryskutnetwerk DATABASIS


Besonderhede

E-posadres: bets.adminco@gmail.com

Selfoon:  082 451 6872 

  Internet- en sosiale media:

Dorp / Stad: Franskraal

Provinsie: Wes-Kaap

Land woonagtig: Suid-Afrika

Professioneel

Media: Boeke

Taalvaardigheid:

Afrikaans, Engels

Spesialiteitsveld:

Taalversorging, fiksie

Beroep:

Teksredigeerder, proefleser en skrywer

Ondervinding / CV

Bets Koen het heelparty jare gelede gematrikuleer en daarna ’n nagraadse kwalifikasie in Kantoorbestuur voltooi. Haar beste en geliefkoosde skoolvakke was Afrikaans en Engels.

Vakansies was leestyd. Wanneer die biblioteekboeke klaar gelees was, het sy uit pure verveling woordeboeke gelees. Vandaar haar groot liefde vir taal en hoe woorde mekaar aanvul om ’n storie te vorm.

Bets skryf ook self. Sy het reeds op skool begin skryf, maar in 2014 het sy haar beroep vaarwel toegeroep en haar tyd en energie op skryf toegespits. Sedertdien het sy reeds twee kinderboeke die lig laat sien. Haar kortverhale het in tydskrifte verskyn en sy het reeds drie kortverhaalbundels gepubliseer. Drie novelles het uit haar pen verskyn. Sy het ook die afgelope twee jaar in twee skryfkompetisies presteer.

Taal, veral Afrikaans, en die korrekte gebruik daarvan lê Bets baie na aan die hart. Sy het drie jaar gelede ’n proefleeskursus voltooi en onlangs ook ‘n volledige redigeringskursus en die ervaring wat sy sedertdien opgedoen het, kom handig te pas in die praktiese nagaan en terugvoering wat aan skrywers gegee word. Haar proefleeswerk is vir haar ’n passie wat met nougesetheid afgehandel word.

Gepubliseerde boeke:

| Sluit aan |   Databasis    | SLEGS LEDE
Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: