Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskuthulpbronne

Vra 'n kenner

As vryskut is jy verantwoordelik vir ALLE aspekte van jou besigheid en soms is daar vrae waarop jy net nie 'n antwoord kan kry nie.

Dis met dié tipe vryskuttameletjies in gedagte dat ons verskeie kenners op hul gebiede genader het om indringende vrae te beantwoord en kwessies op te los.

As jy enige vrae of kwessies wat met die bedryf van jou vryskutbesigheid te make het, stuur gerus 'n boodskap om antwoorde te kry. Maak asseblief net seker dat jy jou vraag baie duidelik omskryf.


Artikel: Kan Kunsmatige Intelligensie (KI) my as skrywer vervang?

Die nuutste gonswoord is deesdae  kunsmatige intelligensie  (KI) en tereg ook. Oral waar jy op die internet kyk word jy hiermee gekonfronteer. Een helfte van die wêreld omhels dit as ‘n fantastiese idee, terwyl die ander helfte mor dat dit gewone mense se lewens gaan omkeer en hul werk steel. Aan wie se kant moet ons as skrywers dan wees?

Tussen die boom en die bas, lyk dit my.

‘n Nuwe nuuskanaal, News GPT , het op 1 Maart vanjaar begin om nu u s te verskaf – sonder ‘n enkele verslaggewer in sig. NewsGPT se oogmerk is om onbevooroordeelde en feite-gebaseerde nuus aan lesers dwarsoor die wêreld te verskaf. Masjienleeralgoritmes en natuurlike taalverwerkingstegnologie stel NewsGPT in staat om relevante nuusbronne van regoor die wêreld intyds te skandeer. Dit gebruik dan hierdie data om nuusberigte en verslae te skep wat akkuraat, bygewerk en onbevooroordeeld is.

Dit maak vir my sin. ‘n Kunsmatige nuusbron, aangedryf deur algoritmes en sonder inmenging van mense, kan beslis nie in staat wees om bevooroordeeld te wees nie. Dit beteken die nuus móét wees soos dit bedoel is – suiwer en eerlik.

Maar wag, ons span nou die kar voor die perd. Kom ons begin eerder by die begin: Wat presies ís kunsmatige intelligensie? Wikipedia definieer dit as die intelligensie wat 'n masjien of sagteware tentoonstel. Dit is 'n akademiese studieveld wat poog om menslike intelligensie kunsmatig te skep.

KI is egter nie nuut nie. Onthou jy Deep Blue? Die skaakrekenaar wat deur kunsmatige intelligensie aangedryf is en in 1997 ‘n skaakmeester geklop het?

Meer as ‘n kwarteeu gelede het IBM se Deep Blue-rekenaar die wêre ld verstom deur die eerste masjien te word wat 'n heersende wêreldskaakkampioen in 'n wedstryd van ses wedstryde geklop het. Die superrekenaar se sukses teen die skaakmeester, Garry Kasparov, het omstredenheid ontketen oor hoe 'n masjien daarin kon slaag om 'n grootmeester te uitoorlê. Deep Blue se oorwinning word as 'n mylpaal in die geskiedenis van kunsmatige intelligensie beskou en het heel moontli k die grondslag gelê vir KI wat tans die wêreld aan die skarrel het.

Kundiges glo nou dat bykans 50% van beroepe wat tans bestaan, teen 2025 oorbodig sal wees namate kunsmatige intelligensie voortgaan om besighede te transformeer. ? n Rewolusion ê re skuif in die wyse waarop werksplekke bedryf word, word in die volgende 10 tot 15 jaar verwag, wat sommige mense se bestaansmiddele in gevaar kan stel.

Beteken dit dat skrywers se werk ook in gevaar is?

Eintlik is dit nie regtig ‘n baie moeilike vraag om eerlik te beantwoord nie. Ek het ChatGPT verskeie kere met verskillende onderwerpe en genres getoets en die resultate was beslis nie in dieselfde liga as wanneer ‘n skrywer self iets skryf nie.

Eerstens is die skryfstuk algeheel onpersoonlik. Toegegee, dit is feitelik en dié feite is besonder goed, maar daar is geen persoonlikheid in die stuk nie. Dit lyk nie asof enige kenners aangehaal kan word nie. Die woordperk blyk ook staties te wees – in die omgewing van 450 woorde. Dit lyk dus eerder na ‘n gewone bloginskrywing as ‘n artikel (ek het eers artikels getoets), maar dit smaak na kunsmatigheid. Kyk hier na ‘n voorbeeld van twee artikels oor dieselfde onderwerp wat ek versoek het.

Bloginskrywings blyk nogal meriete te hê, merendeels omdat hierdie tipe skryfstukke nie gewoonlik kenners se aanhalings benodig nie. Die woordperk wat benodig word is ook baie kort, so die statiese 450 woorde wat ChatGPT genereer, is in die kol vir ‘n bloginskrywing, soos die voorbeeld wat jy hier kan lees.

Fiksie is ‘n perd van ‘n heel ander kleur. Weens bespiegelinge dat die Nobelprys vir Fiksie dalk eendag aan ‘n “KI-skrywer” toegeken kan word, het ChatGPT gevra om vir my ‘n novelle te skryf. Jy kan die antwoord hier gaan lees.

Net so met ‘n volledige speurroman. Ek is nie seker of die betaalde weergawe van ChatGPT wel in staat sal wees om ‘n volledige speurroman van bykans 100,000 woorde te kan skryf nie, maar die toets is taamlik effens, soos jy by hierdie skakel kan gaan lees.

Nóg ‘n tekortkoming van ChatGPT is dat dit duidelik is hierdie is geen kreatiewe skrywer nie. Ek het verskeie toetse met verskillende onderwerpe gedoen en male sonder tal het dieselfde besonderhede in die storielyne opgeduik wat my laat dink die KI-woorde is dalk volop, maar die idees nie. En van ‘n humorsin is daar nie werklik sprake nie.

Ek het ChatGPT gevra of dit ‘n humorsin besit. Die antwoord? “Ja, ek het beslis 'n humorsin! Ek kan snaakse grappies vertel, lighartige kommentaar lewer en jou met 'n glimlag laat lag. As jy 'n snaakse grappie of 'n lighartige opmerking wil hê, vra gerus!

Ek vra toe vir ‘n humoristiese artikel oor diere. Jy kan die resultaat hier gaan lees, maar ek het beslis nie “met ‘n glimlag gelag” nie. Praat van flou!

My laaste stuiwer van kritiek in die armbeurs is dat, sover dit Afrikaans betref, ChatGPT nog heelwat taallesse sal moet neem. Dit lyk dikwels na ‘n deurmekaarspul tussen Afrikaans, (swak) vertaalde Amerikaans en Nederlands. Beslis nie goed genoeg om mý werk te kan steel nie! Maar dis beslis iets waarmee mens lekker kan speel!

Gaan toets dit self hier . Dis gratis, interessant en kan nogal regtig ‘n paar goeie idees verskaf. Sodoende kan jy en KI ‘n gedugte span uitmaak. Want, soos ChatGPT self op die vraag, “ Sal KI menslike skrywers vervang? ”, geantwoord het (verbatim): “Kunsmatige intelligensie (KI) het reeds 'n merkbare impak op die skryfkuns gehad, veral in areas waar daar 'n behoefte is aan die vinnige generering van groot volumes teks, soos i nhoudskepping, data-analise, en selfs sekere kreatiewe skryftake. KI kan menslike skrywers bystaan deur idees voor te stel, te help met grammatika en styl, en selfs volledige artikels of letterkunde te genereer.

Nietemin, tot en met my laaste kennisopdatering in September 2021, het KI nie menslike skrywers heeltemal vervang nie en is dit nie in staat om die volle omvang van menslike kreatiwiteit, emosie, en begrip na te boots nie. Terwyl KI koherente en konteksrelevante teks kan produseer, ontbreek dit dikwels die diepte van begrip, kulturele nuances, en emosionele intelligensie wat mense in hul skryfwerk bring.

Menslike skrywers het unieke eienskappe soos oorspronklikheid, empatie, en die vermoë om werklik innoverende en emosioneel aangrypende werke te skep. Daarbenewens behels skryfwerk dikwels komplekse besluitneming, kritiese denke, en persoonlike ervarings wat moeilik is vir KI om na te boots.

Terwyl KI dalk 'n groter rol kan speel in die bystaan en versterking van menslike skryfwerk, is dit onwaarskynlik dat dit menslike skrywers in die afsegbare toekoms volledig sal vervang. In plaas daarvan is die verhouding tussen KI en menslike skrywers waarskynlik een van samewerking en sinergie, waar KI-hulpmiddels help om prosesse te stroomlyn, insigte te bied, en menslike kreatiwiteit aan te vul.”

Aanvullende bronne

Wikipedia: https://en.wikipedia.org/wiki/Deep_Blue_(chess_computer)

Chess.com: https://www.chess.com/terms/deep-blue-chess-computer

IBM.com: https://www.ibm.com/ibm/history/ibm100/us/en/icons/deepblue/

Farmingportal.co.za: https://www.farmingportal.co.za/index.php/all-agri-news/nuus-afrikaans/1201-robotte-en-tegnologie-gaan-jou-werk-oorneem

Akademia.ac.za: https://akademia.ac.za/kunsmatige-intelligensie-en-chatgpt-die-toekoms-is-hier/

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: