Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde én gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.

Het jy dalk 'n skryfwenk wat werk? Kontak ons met enige bruikbare skryfwenke. Ons sal dit graag publiseer.


S

kryf 'n boek in 'n jaar

Jy het besluit jy wil binne ‘n jaar 'n boek skryf, nè? Dis ‘n wonderlike idee, maar nou moet jy met 'n plan vorendag kom om dit te laat gebeur – ‘n plan wat eenvoudig genoeg is om jou te help om die doelwit te bereik, maar tog omvangryk genoeg om 'n boek binne 'n jaar te kan voltooi. Een maklike en effektiewe manier om die boek-in-'n-jaar-doelwit te bereik, is om die 365-dae boekskryf-uitdaging aan te pak.

Die konsep van hierdie uitdaging is eenvoudig genoeg sodat enige skrywer, ongeag hul ervaringsvlak, dit moet kan volg om hul doel te bereik. Die meeste mense wat besluit hulle wil 'n boek skryf, misluk omdat hulle té veel in ’n te kort tydjie probeer doen. Of anders is die verskoning dat hulle nie genoeg tyd het nie. Hierdie uitdaging maak gebruik van die feit dat daar 365 dae in 'n jaar is en dat jy 'n daaglikse skryfgewoonte kan bou.

Die boekskryf-uitdaging werk só:

Sodra jy besluit om te begin, moet jy elke dag tussen een en 365 woorde skryf. Jy moet mik om die hoogste aantal woorde wat jy kan te skryf om die hoogste getal van die grafiek af te kruis, maar solank jy enige aantal woorde skryf wat ooreenstem met 'n nommer wat nog op die grafiek beskikbaar is, is jou kop deur. Aan die einde van die dag plaas jy 'n

ý op die grafiek oor die aantal woorde wat jy daardie dag geskryf het. Dit doen jy elke dag vir ‘n hele jaar en aan die einde van die jaar sal jy 66 795 geskrewe woorde hê – genoeg vir ‘n boek. Nog belangriker, jy sou 'n daaglikse skryfgewoonte gevestig het wat jy dan kan gebruik om jou volgende boek baie makliker te kan skryf.

Eenvoudig, nè? Waarvoor wag jy dan? Druk die meegaande tabel uit en begin skryf. Binnekort is jy ‘n ervare skrywer met ‘n boek om vir al jou moeite te wys. Sterkte!

• Laai jou 365-dag skryfrooster hier af.

Is jy gereed om te probeer om 'n boek te skryf? Klik hier om ons opsies te bekyk. Pak die bul by die horings en skryf sommer vandag in vir een van SA Vryskutskrywer se Skryf 'n Boek -kursusse. Klik op die skakel onderaan vir meer inligting ...

Nie-fiksieboek

Skryf 'n Roman

Kookboek

Skryf 'n Kinderboek

Biografie

Novelle

DDS-boek

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: