Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Skrywers is altyd op soek na maniere om sekere aspekte van hul skryfvaardighede te verbeter, hul ambag te slyp, of hul skryfloopbane te laat blom. Maar nie almal het die finansies of tyd beskikbaar om ‘n voltydse kursus te volg of om skryfklasse te gaan bywoon nie. Om die waarheid te sê, is nie almal buitendien lus vir so ‘n yslike verbintenis nie.

Dankie tog vir die internet. Dit bring verskeie skryf- en opknappingskursusse met die klik van ‘n muis binne bereik van elke skrywer – beginner of ervare. Om 'n aanlynskryfkursus te volg, kan jou dalk net help om jou skryfwerk te poets of om uiteindelik jou manuskrip gepubliseer te kry.

Of jy ‘n deurwinterde of beginnerskrywer is – ons skrywerskursusse sal jou skryfwerk slyp deur middel van praktiese wenke, idees en leiding. Dis ‘n belegging in jou huidige skryfwerk en enige toekomstige projekte.


Vir SKRYWERS

Selfredigering

Navorsing 101

Kortverhale met 'n KINKEL

Proeflees-verfrisserkursus


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: