Welkom by SA Vryskutskrywer - Professionele Dienste

Skryfdienste

Vanselfprekend is skryfwerk SA Vryskutskrywer se grootste bestaansreg. Nie alleen voorsien ons heel moontlik die mees uitgebreide verskeidenheid skryfkursusse en -hulpmiddels aan Afrikaanse skrywers nie, maar ons bied ook skryfdienste aan wat in enige behoefte sal voorsien.

Boonop kan ons spog met 'n groeiende netwerk professionele vryskutskrywers wat met hul kreatiewe talente en vermoëns maklik die hele wêreld onder die tafel sal kan inskryf.

Wat ons bied:

Navorsing vir jou skryfwerk - vanaf R150 per uur, afhangende van die spertyd en ingewikkeldheid.

Skryf van Artikels - enige onderwerp of joernalistieke genre, vanaf R2 per woord, afhangende van die hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, tipe teks, dringendheid van die sperdatum, ens.

Skryf van Toesprake volgens die kliënt se voorskrif - vanaf R350 per toespraak,  afhangende van die tydsduur, hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens. Meer inligting hier ...

Opstel van CV's - ‘n CV is jou beste bemarkingsinstrument. Dis waarom dit noodsaaklik is om joune professioneel op te stel. Dis jou enigste en beste persoonlike advertensie. Ons kan help.

Skryf van Rubrieke - enige onderwerp, vanaf R2.50 per woord, afhangende van die hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens.

Skryf van Verslae - vanaf R100 per bladsy, afhangende van die ingewikkeldheid van die verslag.

Spookskryf van boeke en artikels - vanaf R100 per uur, sluit navorsing en onderhoude in.

Nuusbriewe - samestelling volgens kliënt se voorskrif - R300 per uur vir eenmalige projekte; R120 per uur vir maandelikse en gereelde projekte. Om nuusbriewe te versprei, kontak ons .

Nuusvrystellings (persverklarings) volgens behoefte en voorskrif - R245 per nuusvrystelling.

Skryf en opstel van Sakeplanne - vanaf R350, afhangende van die omvang van die sakeplan.

Saamstel van Gedenkboeke - vanaf R120 per bladsy, navorsing ingesluit .

Konsultasiedienste - R245 per uur.

Skryf van Webartikels of Blogs - R650 per artikel, navorsing ingesluit.

Nuusverslaggewing - R450 per berig, sluit navorsing en onderhoudvoering in.

Skakel- en promosiewerk vir besighede, dienste of produkte - R250 per uur, sluit persvrystelling en advertensie in.

Mentorskap - Hoewel nie elke skrywer 'n mentor nodig het of wil hê nie, kan enige skrywer daarby baat om saam met 'n mentor te werk; dit geld veral vryskutskrywers wat dikwels alleen werk en dalk iemand benodig vir aanmoediging, raad, ondersteuning, doelwitbepaling en, belangrikste van alles – motivering. Meer inligting hier...

Het ons iets uitgelaat? Kontak ons indien die skryfdiens wat jý benodig dalk nie hier aangedui word nie.

Geen twee werke is dieselfde nie en daarom is ALLE fooie onderhandelbaar.

Ons bied verskillende betaalplanne en afbetalingsopsies aan.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: