Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

Kan die media sonder vryskutskrywers funksioneer of oorleef?


Nee. Uit 'n finansiële oogpunt is vryskutskrywers goedkoper vir medi amaatskappye as wat permanente personeel is omdat daar nie oorhoofse kostes soos individuele versekering, pensioen- of mediese fondsbetalings, ensovoorts is nie. 'n Vryskutskrywer is 'n onafhanklike werknemer wat vir hom- of haarself werk en as sulks geen finansiële las op 'n werkgewer plaas nie.

Kreatief gesproke verskaf vryskutskrywers ook broodnodige diversiteit aan werkgewers omdat hulle:

  1. onafhanklike werknemers is wat met 'n vars en kreatiewe blik na 'n storie of taak kan kyk, en

  2. hulle gewoonlik bereid is om op kort kennisgewing uitstekende werk te lewer.

Publikasies sal dus moeilik hul blaaie of blogs vir elke uitgawe gevul kry sonder die waardevolle bydraes van vryskutskrywers in alle genres.


Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: