Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.


NUUSBRIEFARGIEWE

  • Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
  • Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?

  • Wat ookal die rede waarom jy op dié blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige nuusbrief en sy inhoud.   

Lekker lees!

November/Desember 2020 NUUSBRIEF

In hierdie nuusbrief:

· Van my rekenaar

· Bedryfsnuus

· Skryfhulp: Hoe om navorsing te doen

· Medewerkers

· Vryskutnetwerkers

·  Skrywer in die KOLLIG

· Hoe bepaal jy jou tariewe?

· Skryfkompetisies

Bedryfsnuus

Redakteurs en publikasies kom en gaan gereeld. Dis waarom ons ‘n toegewyde afdeling het waar skrywers hulle van die stand van die media kan vergewis. Ons probeer dus om die bedryfsnuus-inligting so dikwels moontlik by te werk om jou deurentyd ingelig te hou.  

Klik en Kyk .

Medewerkers

Cordis Trust

Cordis Trust het die afgelope jare gegroei tot ‘n betroubare genootskap in die bevordering van Afrikaans op vele terreine.  

Besoek gerus die volgende webwerwe vir meer inligting rondom Cordis se werksaamhede: www.cordistrust.co.za  & www.storiessa.co.za .  

Nuuspod

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus. Nuuspod streef daarna om nuus en aktualiteit hoofsaaklik in Afrikaans beskikbaar te stel deur veral te fokus op die storie agter die nuus. Besoek Nuuspod se webwerf hier: https://nuuspod.com/ en YouTube-kanaal hier: www.facebook.com/watch/nuuspod/

Ontmoet ons ander medewerkers hier .

Vryskutnetwerkers

Is jy op soek na ‘n ervare vryskutskrywer? Moenie verder soek nie; gaan kyk gerus by ons Vryskutnetwerk vir die ideale kandidaat. En as jy self ‘n vryskutskrywer is, kan jy dit dalk sommer oorweeg om self by ons netwerk aan te sluit. Meer besonderhede kan hier verkry word.

Annami Simon

Emsie Martin

Elbe van Heerden

Katrien Smit

Martha Poller

Essie Bester

Lani Viljoen

Leon Swart

Christiaan J de Swart

Madeleen Theron

Chris Jooste

Yvonne de Kock

Elize Zywotkiewcz

Sulette Versteegh

Illa Conradie

Norman Evertson

Johann Hamman

Izak du Plessis

Johann Verster

Bets Koen

Adri Theron

Maurine Fischer

Skrywer in die KOLLIG

Ons probeer ‘n gedeelte afstaan aan skrywersonderhoude. Lees solank hier ‘n paar skrywersonderhoude en laat weet ons as daar iemand is oor wie jy graag wil lees. Onthou, hierdie gedeelte is vir ALLE skrywers; nie net bekendes nie. Debuutskrywers is baie welkom. Klik op die naam hieronder om na die onderhoud herlei te word:

: Rachelle du Bois

: Christelle van Rooyen-Wessels

: Edna Cane-Swannepoel

: Lien Roux-De Jager

: Rhona Scheepers

: Kristel Loots

: Jan Vermeulen

: Lerina Erasmus

: Zalman S. Davis

: PG du Plessis

: Karen Kingsbury

: Hans du Plessis

Op ons webblad

Hoe bepaal jy jou tariewe?

Afrika is nie vir sissies nie en vryskutskryf ook nie. Daar is net te veel aspekte van vryskut waar jy nooit seker is wat om te doen nie. En gewoonlik is antwoorde ook nie altyd net swart en wit nie. Dis deurspek met grys ook.

Soos vryskuttariewe en hoe om hulle vas te stel.

Uit navrae wat ons ontvang blyk hierdie een van die groot vryskuttameletjies te wees. En die rede daarvoor is eenvoudig: hoewel vryskutskrywers oor die algemeen geen twyfel in hul skryfvermoë het nie, is nie almal ervare sakemense nie en sukkel dus om by die regte waarde vir hul skryfwerk uit te kom. En te veel verkoop hulle werk en talent hopeloos té goedkoop.

Kom ons kyk dus na ‘n paar maniere hoe jy hierdie probleem te bowe kan kom en uiteindelik die geld kan verdien wat jou werklik toekom. Lees die res van hierdie artikel op ons blog.

Leoni Benghiat

SA Vryskutskrywer

www.savryskutskrywer.co.za

* nuusbrief@savryskutskrywer.co.za

( O74 296 3390

: Van my rekenaar...

Nou ja. Hier is ons aan die einde van hierdie vreemde jaar. Ek glo nie baie mense gaan spyt wees om die laaste paar ure van 2020 af te tel nie! Nie dat dit juis ‘n verskil gaan maak nie, want ongelukkig gaan die virus en al die beperkinge en probleme saam met ons 2021 in. SUG.

Maar… nie álles was darem hierdie jaar sleg nie. Ek het die afgelope tyd navorsing gedoen vir ‘n paar databasisse wat ek saamstel en om uit te vind of 2020 werklik ‘n algehele vermorsing was en, tot my verbasing, het ek agtergekom dit was toe nie.

Toegegee, baie mense het hul werk en, vanselfsprekend, hul inkomste verloor. Ons het ‘n hele paar staatmaker-tydskrifte gegroet (werklik hartseer), sommige koerante is gesluit en ander word nou slegs aanlyn gepubliseer. Baie mediamense moes aanpas by die “nuwe normaal”. Gelukkig het ons darem ‘n voordeel bo die meeste ander mense in die wêreld: ons kan maklik vanaf die huis werk. Meeste van ons doen dit buitendien al jare.

Dis egter nie nodig om in sak en as te sit nie, hoor. Van die bevindinge wat ek in my navorsing gemaak het is dat daar eintlik baie meer geleenthede vir ons is. Ek praat nou natuurlik hier van skrywers en verál vryskutskrywers. En ja, dit ís die waarheid.

Soveel mense wat nog altyd wóú skryf het die grendeltydperk tot hul voordeel gebruik om uiteindelik daardie skryfwerk aan te pak. Baie het klaargemaak, ander is byna klaar en almal is gemotiveeerd. Feit is net, mense het hul kreatiewe kant leer ken en dit benut. En dis die beste en belangrikste aspek wat ons uit hierdie nagmerrie-jaar kan neem.

As gevolg hiervan het vryskutproeflesers en -redigeerders aansienlik meer werksgeleenthede, uitgewers kan kies en keur, en mense gebruik selfpublisering tot hul voordeel. En voordat jy jou neus optrek… het jy onlangs weer gekyk na sommige van die selfgepubliseerde boeke? Nie? Doen jouself ‘n guns en gaan loer. Jy sal aangenaam verras wees. Die gehalte is in die meerderheid gevalle puik en die leesstof nóg beter. Daar is natuurlik altyd ruimte vir verbetering, maar dis waar vryskutproeflesers en -redigeerders inkom. Sáám kan ons ‘n verskil maak.

Die goeie nuus is ook dat selfpublikasie uiteindelik wêreldwyd die erkenning kry wat dit verdien. Daar is nou jaarliks ‘n hele paar kompetisies – ook ter plaatse – waar die beste selfgepubliseerde boeke beoordeel word en laat ek jou vertel: die kompetisie is STRAF!

Nóg ‘n voordeel van selfpublikasie is dat dit mense geweldig motiveer om te skryf. En nóg te skryf. Ek ken persoonlik ‘n hele klomp mense wat graag skryf, maar daardie skryfwerk gaan nêrens en word deur niemand gelees nie. Skryf is harde werk, mense, so waarom sal jy die moeite doen om iets te skryf as niemand dit ooit gaan lees nie? Selfpublisering gee jou daardie motivering om nog méér te skryf, want nou het jy ‘n leserspubliek wat jou skryfwerk lees en beoordeel en met elke boek raak jy beter. Onthou, practice makes perfect, soos die Ingelse sê. Hoe meer jy skryf, hoe beter raak jy!

Maar eers weer terug na die huidige vryskutsituasie… Baie mense dink die vryskutmark is algeheel versadig omdat soveel skrywers en joernaliste die afgelope maande in die poel beland het weens publikasies wat gesluit moes word. Moenie dit glo nie. As daar één mark is wat bitter moeilik versadig sal raak, is dit die vryskutskrywersmark. Daar is net sovéél verskillende moontlikhede beskikbaar. En ja, selfs vir Afrikaanse skrywers! En as jy tweetalig is, is jou moontlikhede verdubbel. Met die samestelling van die verskeie databasisse (gaan kyk sommer gou hier wat daar is), het ek besef daar is sowaar nog steeds minstens 101 Afrikaanse markte vir skrywers in enige genre. En dit selfs nádat verskeie publikasies genoop was om hul deure te sluit. Gaan kyk as jy my nie glo nie. Daar is BAIE werk; jy moet net weet waar om te kyk.

Dit is my hoopvolle boodskap vir jou aan die einde van hierdie wipplank-jaar. Ek is versigtig optimisties oor 2021, maar ek gaan liewer nie vir enigiemand voorspoed toewens nie, want kyk nou net wat hierdie jaar gebeur het – toegewenste voorspoed en al! Ek hoop egter dat 2021 jou en jou mense beter gaan behandel as hierdie jaar en ek hoop steeds – meer as tien jaar later – dat jy jou skrywersdrome kan verwesenlik.

Goed gaan tot volgende jaar en bly gesond!

Leoni

Skryfhulp :

Hoe om navorsing te doen

Min aspirant-skrywers besef dit, maar navorsing maak ‘n integrale deel uit van jou roman. As jy verkeerde of misleidende feite in jou boek gebruik, gaan jou leser mos nie verder lees nie en dan kan jy vergeet daarvan om naam as skrywer te maak. Hierdie feit geld natuurlik nie honderd persent vir ‘n doodgewone liefdesroman nie, hoewel selfs in hierdie genre daar sekere aspekte is wat feitelik korrek weergegee moet word. Ons raak dus hier so ligweg aan navorsing vir jou boek, al het jy reeds ‘n goeie idee waaroor jou boek moet handel.

Wat ek hiermee wil sê is dat, gestel jy skryf ‘n speurroman... jy kan nie sommer jou eie polisieprosedures inwerk en dink jou leser gaan alles vir soetkoek opeet nie. Nee, wat jy ook al in jou roman inwerk móét feitelik korrek wees. Dis noodsaaklik om geloofwaardigheid aan jou roman te verleen. Dink maar hier as voorbeeld aan ons voorste krimskrywer, Deon Meyer. Dink jy vir een oomblik sy boeke sou al in 20 tale vertaal gewees het as dit nie absoluut geloofwardig was nie? Die man doen eindelose navorsing vir elkeen van sy boeke, en dís hoe dit gedoen moet word. Net so met Chanette Paul. Mens lees gereeld op haar Facebook-blad en in haar nuusbriewe hoe en waar sy navorsing vir een van haar nuutste romans gedoen het. Ek kan dus nie die belangrikheid – én noodsaaklikheid – van navorsing vir enige roman duideliker beklemtoon nie.

So, kom ons kyk hoe jy jou navorsing kan aanpak. Onthou dat die navorsingsdatabasis wat jy aankoop ‘n basiese een is omdat daar net te veel inligting is om daarin te vervat. Die idee is dat jy, met verloop van tyd, die databasis jou eie sal maak en uitbrei soos wat jy aangaan, want hopelik beplan jy om nog sommer baie te skryf!

Hoe jy te werk gaan om jou navorsing bymekaar te kry, is uiters belangrik. Werk jou bronnelys by terwyl jy werk sodat jy maklik op een of ander stadium, as dit nodig is, na jou navorsing kan terugverwys. ‘n Mens sukkel om te onthou waar jy inligting vandaan gekry het – veral maande nadat jy dit gevind het!

Gaan kyk HIER na die databasisse wat beskikbaar is. Elkeen is gewaarborg om jou navorsing en skrywerslewe makliker te maak .

Hoe om 'n boekvoorstel te skryf

Jy is ‘n beginnerskrywer wat pas – na baie bloed, sweet en trane – jou eerste boek klaargeskryf het. In jou geestesoog sien jy reeds visioene van ‘n blitsverkoper, jou naam bo-aan die Top 10-trefferlys, joernaliste wat toustaan om onderhoude te voer, jou boek in almal se Krismiskous, voorbladfoto’s, roem en glorie… 

Wag ‘n bietjie!  

Om ‘n boek te skryf is maar net die eerste stap. Geen van bostaande drome gaan egter bewaarheid word indien jy nie ‘n uitgewer kan vind wat belangstel daarin om jou manuskrip te publiseer nie. 

En jy sal sukkel om jou manuskrip verkoop te kry as jy nie ‘n volledige boekvoorstel saamstuur nie. Volg ons eenvoudige wenke om joune sonder moeite saam te stel...

Lees die res van hierdie artikel op ons blog.

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: