Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Resensies is belangrik vir enige koerant, tydskrif, mediamaatskappy en selfs blog. Lesers hou daarvan om resensies te lees en baie mense lees éérs ‘n resensies voordat hulle besluit of hulle verdere belangstel. Dit is daarom noodsaaklik dat resensies goed en reg aangebied moet word.

Resensies word deur kenners op ’n bepaalde terrein geskryf. Maar... en hier is die beste nuus ooit... met die enorme groei van aanlynmedia is resensente nou meer as ooit voorheen hoogs in aanvraag. En behalwe dat jy 'n puik skryfportefeulje daarmee kan bou, is dit dalk die lekkerste werk wat daar is. Verbeel jou jy word betaal om iets te gaan geniet... net sodat jy later jou opinie daaroor kan lewer. Wat kan nou lekkerder wees as dit?

Ons het derhalwe koppe bymekaar gesit en kursusse saamgestel oor die vier gewildste - én belangrikste - resensietipes wat daar is. Dalk is een van onderstaande kategorieë jóú sleutel tot 'n loopaan as resensent. Wie weet?

Boekresensies

Boekresensies is 'n uitstekende vryskutloopbaan vir diegene wat passievol is oor boeke en skryfwerk. klik hier

Fliekresensies

Fliekresensies word deur koerante, tydskrifte en vermaaklikheidsblogs opgeraap en lewer kommentaar op die fliek se draaiboek, akteurs se toneelspel en die dieperliggende boodskap.  klik hier

Kosresensies

Koskritici sal resensies skryf vir koerante, tydskrifte, reisgidse en voedselverwante webwerwe en lewer kommentaar op die restaurant se diens, aanbieding en atmosfeer. klik hier

Musiekresensies

'n Vryskutloopbaan as musiekresensent is 'n uitstekende manier om jou liefde vir musiek en skryf te kombineer, terwyl jy dit saam kan uitleef. klik hier

Vertel 'n vriend hiervan: Kontak ons


Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons

Sluit venster Skryfkursusse Blitskursusse

Create a Mobile Site
View Site in Mobile | Classic
Share by: